Background Image
Previous Page  18 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

16

Edwin wil help om

hongersnood te voorkom

M

nr Edwin Mahlatsi, 2017 Graan SA/Absa/John Deere

Financial Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar

word deur die beoordelingspaneel, wat sy plaas vroeër

vanjaar besoek het, opgesom as ‘n baie kundige, toe-

gewyde en deeglike man wat ‘n passie vir landbou het.

Tydens ‘n sosiale media-onderhoud na afloop van die oorhandi-

gingsfunksie, het Mahlatsi gesê sy grootste droom is om mens en

dier wat swaar kry en nie kos het nie, met kos te help.

Hy het grootgeword op die plaas, Swartlaagte, naby Bothaville in

die Vrystaat en het ook later as voorman daar gewerk. In 2012 het

sy werkgewer hom gehelp om ‘n huurooreenkoms te kry deur die

Proaktiewe Grondverkrygingstrategie (PLAS)-program. Sy werk-

gewer het verder vir hom toerusting beskikbaar gestel – met die

verstandhouding dat Mahlatsi dit oor ‘n aantal jare terug sou betaal.

Sy werkgewer is ongelukkig in 2014 oorlede en die toerusting moes

terug in die boedel gaan.

Met geen werk, toerusting of kapitaal nie, het hy besluit om die

Graan SA-span te nader om hom met ‘n plan, om die 210 ha vrugbare

grond ten beste te benut, te help. “Graan SA was uiters behulp-

saam deur aan my opleiding te gee. Hulle het my ook ondersteun

om befondsing van die regering te verkry en om by te bly met die

nuutste tegnologie in landbou, sodat ek beter as in die verlede

kon presteer,” het hy tydens ‘n DVD-vertoning dié aand gesê.

Mahlatsi se mentor, mnr Christiaan Bouwer, het hom deur die moei-

like 2015/2016-seisoen ondersteun – en ten spyte van die droogte

kon hy steeds 250 ton mielies oes. Vanjaar spog hy met ‘n uitste-

kende mielie-oes van 5,5 t/ha.

“Ek ken vir Christiaan sedert hy ‘n klein seuntjie was; ek ken sy pa

ook betreklik goed. Ons kom al ‘n lang pad saam. Hy help my baie

en doen alles met ‘n vriendelike hart,” het Mahlatsi op die DVD gesê.

Hy het ook ‘n veevertakking (beeste en skape) wat 20% van sy

besigheid beslaan, maar sy hooffokus bly die mielieboerdery.

Met sy eie toerusting wat goed onderhou word, is hy in staat om

tydig grondvoorbereiding, bespuiting en aanplantings te doen.

Wanneer dit strooptyd is, maak hy gebruik van ‘n kontrakteur.

Mnr Johan Kriel (ontwikkelingskoördineerder, Graan SA), wat die

tolk was tydens Mahlatsi se bedankingstoespraak, vertel dat

Christiaan hom meegedeel het dat die werk wat hy met Edwin

gedoen het, sy lewe gered het. Dit het hom besig gehou en sy

vertroue in God versterk. “Edwin en sy gesin is fenomenale mense;

ek raak nogal emosioneel as ek oor hom praat,” het Kriel uit sy eie

ervaring bygevoeg.

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar (250+-ton)

1: Deel van Edwin Mahlatsi se wenprys is ‘n splinternuwe John Deere trekker, wat hy by sy bestaande toerusting

op die plaas kan voeg. Tydens die oorhandigingsfunksie het hy ‘n simboliese John Deere trekkertrofee ontvang.

Sy vrou, Othenia, deel in sy blydskap.

2: Ramodisa Monaisa (visevoorsitter, Graan SA), Edwin en Othenia Mahlatsi, Christiaan Bouwer en sy vrou,

Joan, Edwin en Othenia se dogter, Doreen en Derek Mathews (visevoorsitter, Graan SA). Doreen boer saam

met haar pa.

Foto's: Helenus Kruger

1

2