Background Image
Previous Page  10 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Ontmoet die 2016 Graanprodusent

van die Jaar-ϐinaliste

d

ie 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die

Jaar-finaliste is ieder en lk deur die afgelope droogte-

seisoen geraak, maar tydens die besoek deur die paneel

van beoordelaars vroeg in Juniemaand, is ons net be-

groet met stories van hoop, dankbaarheid en oplossings

vir die moeilike tye.

Wat ‘n besondere voorreg om hierdie uitstaande produsente te be-

soek ter voorbereiding van die toekenningsaand, wat plaasvind op

Vrydag, 14 Oktober vanjaar in Midrand.

Die titel van Graanprodusent van die Jaar sal vir die 17de keer toe-

geken word aan dié mees effektiewe en doeltreffende graanpro-

dusent, wat bo en behalwe ‘n ware rolmodel in die gemeenskap, ook

die kuns bemeester om voortdurend winsgewende en volhoubare

graanproduksie toe te pas.

Hierdie jaar se finaliste – ware entrepreneurs in elke opsig – is afkom-

stig van die mooie Riversdal/Albertinia-distrik in die Suid-Kaap, waar

die Willemse-tweeling primêr op droëland plant met minimale be-

sproeiing, die Krugers van Orania in die Noord-Kaap wat onder be-

sproeiing saai en die Du Plessis Boerdery in Mpumalanga wat beide

droë- en besproeiingslande in die Delmas-distrik bewerk.

‘n Kundige paneel van beoordelaars wat onder meer ‘n agronoom,

‘n landbou-ekonoom en ‘n grondkundige insluit, asook graanprodu-

sente wat op die Graan SA Hoofbestuur dien, was weer eens beïn-

druk met die professionele en effektiewe bestuur van die beskikbare

hulpbronne in elke gebied.

Finaliste word beoordeel op graanproduksie sowel as ander fasette

van die boerdery, wat diversifikasie, bestuur van al die boerdery-

eenhede in totaliteit en georganiseerde landbou- en gemeenskaps-

betrokkenheid insluit.

Die klem van die toekenning val steeds op effektiewe en doeltref-

fende graanverbouing en die noodsaaklikheid van volhoubare

graanproduksie is tydens elke besoek deur die finaliste geopper.

Produsente word gemeet aan hul hulpbron-, finansiële- en bemar-

kingsbestuur sowel as agronomie, produksiepraktyke, plaag- en

onkruidbeheer, meganisasie- en arbeidsbestuur.

Dit is ook verblydend om meer te leer van die betrokkenheid van

elke produsent in hul boerderygemeenskappe en om die optimisme

ten opsigte van georganiseerde landbou se beleidsomgewing aan

te hoor.

Die gesogte toekenning, verteenwoordigend van die somer- en

winterreënvalstreke, verleen aan produsente die kans om medepro-

dusente te nomineer en gee Graan SA die geleentheid om erkenning

aan uitmuntende graanproduksie te gee.

Verder bied dit die geleentheid om die rol van die graanprodusent

in die waardeketting met trots ten toon te stel, die beeld van ons

produsente te bevorder en om die waarde van die produsente as

rolmodelle en voorbeeld vir die jonger geslag uit te lig.

Ons opregte dank gaan hiermee aan ons borge wat bydra tot die

sukses en die voortbestaan van die gesogte toekenning. Ons stel

graag met trots ons 2016-finaliste voor.

Augustus 2016

8

1: Die Willemse-tweeling van Jireh Boerdery en

hul gesinne. Johannes, Sura, Piet, Hetma,

Johan, Mariette en Johan (jr). Afwesig:

Anna-Mart en Sarah.

2: Jireh Boerdery strek diep in die Riversdal/

Albertinia-omgewing in.

1

2

Jireh Boerdery van Riversdal in die Suid-Kaap