Die DuPont® PIONEER® Weeg & Wen Nasionale Opbrengskompetisie, wat tans vir die 3de aaneenlopende jaar aangebied word het mielie-, soja- en sonneblomboere van regoor Suid-Afrika behoorlik aan die praat.
In samewerking met Graan SA, John Deere, Syngenta, Eerste Nasionale Bank en Santam, bied dié kompetisie produsente die geleentheid om geleentheid om nuwe en innoverende produksiepraktyke en -prosesse te toets, produktiwiteit te verbeter en die die hoogste opbrengste te bewerkstellig.
Deelnemende graanboere ding in verskillende streekskategorieë mee om die verskeie mielie-, soja- en sonneblomtoekennings in te oes. Die inligting wat DuPont Pioneer gedurende hierdie kompetisie insamel, is nog ’n manier waarop die maatskappy met produsente saamwerk om navorsingsinisiatiewe te bevorder en om plase se opbrengs per hektaar te verbeter deur die aanplant van die regte produkte.
Vir verdere inligting, reëls en streeksindelings, laai die kompetisie-inligtingstuk hier af, of besoek www.weegenwen.co.za
BVG in vennootskap met Landbou.com, Landbouweekblad, JSE, BKBGrainCo, BVG en Graan SA, het die 2018 fantasie Verskansingskompetisie geloods en daar is net een week oor om te registreer voor die sluitingsdatum 23 Februarie 2018. Benewens die pryse, borg Graan SA 'n bykomende R10 000 aan die Graan SA-lid wat eerste geplaas word. Om die gebruikers die beste moontlike ervaring te bied, het BVG verbeterings aan die handelsagteware aangebring om 'n meer realistiese handelservaring te verseker en nuwe funksies is gebou waar deelnemers hul bestellings kan inlees, en wat uitgevoer sal word sodra die prys hul snellerprys bereik. Die finaliste sal tydens NAMPO Oesdag aangekondig word. Die wenner sal later in die jaar tydens 'n gesogte gala-geleentheid aankondiging word.
Suid-Afrikaanse produsente word aangeraai om te voldoen aan die reëls en regulasies vir die beheer van Herfskommandowurms (Spodoptera frugiperda), aangesien dit die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) sal help om die plaag se verspreiding en skade te beperk. Hierdie regulasies is op 26 Mei 2017 in die Staatskoerant gepubliseer en beskikbaar op ons webblad. Dit is uiters belangrik dat produsente die owerhede in kennis stel van enige voorkoms of vermoede voorkoms van herfskommandowurms in hul lande. Owerhede moet ook ononderbroke toegang tot die produksiegebied kry om hul mandaat te verrig, met die produsent se hulp waar nodig. Versuim om hierdie regulasies na te kom, sal die wet oortree wat 'n opgelegde boete tot gevolg kan hê.
Na aanleiding van die laaste Herfskommandowurm-bestuurskomitee (FAWSC) van 1 Februarie, met verteenwoordigers van nasionale en provinsiale regering en die bedryf, was die volgende opsporings na die nasionale laboratorium gestuur vir bevestiging:
Gauteng:
FAW bevestig in Bronkhorstspruit, Cullinan, Vereeniging en Melapong.
Mpumalanga:
Teenwoordig in die Witbank-gebied en is voorheen in ander dele van die Nkangala-distrik gerapporteer.
Limpopo:
Bevestig in die distrikte vanMopani, Vhembe en Waterberg.
Noordwes:
Onbevestigde gevalle rondom Groot Skuur en Koster.
KwaZulu-Natal:
Hoë besmettings in Greytown en ander dele van KZN
Oos_Kaap:
Bevestigde FAW-teenwoordigheid.
Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap:
Geen nuwe berigte.
Nasionale toesighoudingsprogram-lokvalle is in Gauteng geplaas en gediens en in Mpumalanga geplaas, maar benodig ‘n diens. Lokvalle word tans in die Oos-Kaap opgerig, met planne om lokvalle in die Noord-Kaap sowel as KwaZulu-Natal op te rig.
'n Proef word beplan om die effektiwiteit van die verskillende lokvalle te bestudeer, aangesien nasionale toesigslokvalle oor die algemeen baie valse herfskommandomotte vang. Daarbenewens is 'n veld proteïenstel vir die positiewe identifikasie van herfskommandowurm byna gereed. FAW besmetting in sekere dele van die land is nie hoog nie (weens droë weer), maar daar is wye verspreiding. Die potensiaal dat die plaag vinnig groei en versprei is hoog, as die weerstoestande verbeter. Die onlangse La Nina toestand (nat en koel) kan die situasie verander en gunstig vir die plaag word. Bykomend is plaag feitebladsye in XiTsonga, SePedi, IsiZulu, SiSwati en IsiNdebele vertaal en beskikbaar op die DAFF-webwerf.
Om voorkoms of vermoedelik voorkoms van die plaag te kontak, kontak 012 319 6384 of e-pos JanHendrikV@daff.gov.za.
Lees die USAID-persverklaring Global experts release guide on Fall Armyworm management, a critical global security threat in Africa hier (Slegs in Engels beskikbaar)
Laai 'n afskrif van die USAID FAW Handleiding af - Fall Armyworm in Africa: A GUIDE FOR INTEGRATED PEST MANAGEMENT (Slegs in Engels beskikbaar)
Produsente word weereens aangemoedig om van die Sclerotinia-hulplyn gebruik te maak en om aan mede-produsente te versprei ten einde 'n duidelike beeld te verkry van die patogeen status in die land. Wanneer u inligting na die WhatsApp-hulplyn stuur, merk asseblief u presiese ligging met behulp van u GPS se ligging en nie net die nabygeleë dorp nie. Verslae van Sclerotinia is gestuur na die hulplyn van gebiede rondom Bothaville (FS), Bonnievale (WC) en Coligny (NW) waar dit gevind is in sonneblom, sojabone en kanola.
Dié immergewilde jaarlikse hoogtepunt op die bewaringslandbou-kalender wat vanaf 13-14 Maart 2018 by die Ottosdal Skougronde plaasvind, fokus hierdie jaar op Diversiteit se kritiese rol in die herlewing, veerkragtigheid en winsgewendheid van bewaringslandbou.
Vir verdere besonderhede laai die inskrywingsvorm en program hier af
Landbouweekblad, VKB en Dekalb SA – saam met die Riemland-studiegroep en Graan SA – bring wêreldbekende sprekers, kenners en van die beste boere wat al die skoolgeld betaal het, byeen vir die eerste Suid-Afrikaanse konferensie wat net op herlewingslandbou toegespits is.
Die konferensie word op 19 en 20 Maart 2018 by die VKB-feesterrein op Reitz gehou. Kontak Dalene Ricketts (dricketts@landbou.com) vir besprekings of klik hier om die program af te laai.
Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energie Fonds kan die dieselprys op 7 Maart met 28 sent per liter daal, terwyl die petrolprys met 19 sent per liter kan afneem. Beide laer ru-oliepryse en ʼn sterker rand dra by tot hierdie verwagte dalings.
Internasionale teenoor plaaslike kunsmisprystendense:
Omdat so groot hoeveelheid van SA se behoefte aan kunsmis ingevoer moet word, kan tendense in internasionale pryse gebruik word om plaaslike prysbewegings te voorspel.
Internasionaal, is pryse in sekere hawens gebruik terwyl plaaslik die gemiddeld van die verskillende kunsmismaatskappye se pryslyste gebruik is. Die doel is om ʼn vergelyking in die jaar-op-jaar tendens vas te vang eerder as die fisiese prys.
Tabel 1 toon die internasionale prystendens in dollarterme aan terwyl Tabel 2 dieselfde pryse in randwaarde aandui. Op internasionale markte, het pryse van ammoniak, DAP en kaliumchloried in dollar terme oor ʼn jaartydperk gestyg. Die rand het oor ʼn jaartydperk met 10.2% versterk, wat gunstig vir ingevoerde kunsmis behoort te wees. Uit Tabel 2 kan gesien word dat internasionale kunsmispryse van ureum en kaliumchloried in randterme ʼn afname toon van 15.7% en 1.2% onderskeidelik. Ammoniak en DAP toon egter steeds jaar op jaar stygings.
Tabel 1: Internasionale kunsmispryse in dollar waarde |
|||
|
Januarie 2017 |
Januarie 2018 |
% verandering |
Kunsmis |
Dollar/ton |
Dollar/ton |
% |
Ammoniak (Midde-Ooste) |
233 |
336 |
+44.2% |
Ureum (46) (Oos-Europa) |
242 |
227 |
-6.2% |
DAP (VSA Golf) |
326 |
395 |
+21.2% |
KCL (CIS) |
217 |
239 |
+10.0% |
Rand/Dollar wisselkoers |
13.56 |
12.18 |
-10.2% |
Tabel 2: Internasionale kunsmispryse in rand waarde |
|||
|
Januarie 2017 |
Januarie 2018 |
% verandering |
Kunsmis |
Rand/ton |
Rand/ton |
% |
Ammoniak (Midde-Ooste) |
3 159 |
4 092 |
+29.5% |
Ureum (46) (Oos-Europa) |
3 282 |
2 765 |
-15.7% |
DAP (VSA Golf) |
4 421 |
4 811 |
+8.8% |
KCL (CIS) |
2 943 |
2 908 |
-1.2% |
Tabel 3 toon aan wat met plaaslike kunsmisprystendense oor ʼn jaartydperk gebeur het. Die tabel toon aan dat plaaslike stikstofpryse die internasionale ureumprys afwaarts navolg. Kaliumchloried het egter plaaslike gestyg, terwyl dit ʼn dalende tendens internasionaal getoon het.
Tabel 3: Plaaslike kunsmispryse |
|||
|
Februarie 2017 |
Februarie 2018 |
% verandering |
Kunsmis |
Rand/ton |
Rand/ton |
% |
KAN (28) |
5 425 |
5 201 |
-4.1% |
Ureum (46) |
6 169 |
5 757 |
-6.7% |
MAP |
8 477 |
8 920 |
+5.2% |
KCL |
6 285 |
6 561 |
+4.4% |
Basies 100% van die aktiewe bestanddele benodig om landbou-chemikalieë te vervaardig, word na Suid-Afrika ingevoer. Internasionale tendense en die wisselkoers gaan dus ‘n bepalende rol speel in plaaslike prysvorming.
Tabel 1 tot 4 dui tendense in internasionale landbou-chemikalieë (aktiewe bestanddele) pryse in ʼn Sjinese hawe aan. Tabelle 2 en 4 dui internasionale pryse in randterme aan. Die rand het oor ʼn jaartydperk, vanaf Januarie 2017 tot Januarie 2018, met 10% versterk.
Wat onkruiddoders aanbetref, behalwe vir Trifluralin, toon al die aktiewe bestanddele jaar tot jaar stygings in randterme.
Tabel 1: Onkruiddoderpryse: Internasionaal in dollarwaarde
Internasionale onkruiddoderpryse – Jaar op jaar verandering ($/t) |
|||
|
Jan 17 |
Jan 18 |
% verandering |
Glyphosate (95%) |
4 206 |
4 886 |
+16.2% |
Acetochlor (92%) |
2 588 |
3 983 |
+53.9% |
Atrazine (97%) |
2 657 |
3 686 |
+38.7% |
Metolachlor (97%) |
3 373 |
4 415 |
+30.9% |
Trifluralin (95%) |
4 516 |
4 585 |
+1.5% |
R/$ |
13.56 |
12.18 |
-10.2% |
Tabel 2: Onkruiddoderpryse: Internasionaal in randwaarde
Internasionale onkruiddoderpryse – Jaar op jaar verandering (R/t) |
|||
|
Jan 17 |
Jan 18 |
% verandering |
Glyphosate (95%) |
57 196 |
59 516 |
+4.1% |
Acetochlor (92%) |
35 194 |
48 508 |
+37.8% |
Atrazine (97%) |
36 137 |
44 892 |
+24.2% |
Metolachlor (97%) |
45 878 |
53 775 |
+17.2% |
Trifluralin (95%) |
61 423 |
55 847 |
-9.1% |
Wanneer na insekdoderpryse gekyk word, toon al die aktiewe ʼn baie skerp stygende tendens in dollar- asook in randterme aan. Volgens die Sjinese markverslae, implementeer die staat baie streng besoedelingswetgewing, wat meegebring het dat baie aanlegte moes sluit. Dit het die aanbod van veral insekdoders skerp laat daal en pryse skerp opgestoot. Skerp stygings word vir Maart 2018 in die plaaslike mark verwag.
Dit is belangrik om in ag te neem dat heelwat van die multi-nasionale maatskappye se produkte nie vanaf Sjina ingevoer word nie, en daarom nie hierdie selfde stygings behoort te toon nie. Volgens multi-nasionale maatskappye behoort pryse tussen 5% en 12% toe te neem.
Tabel 3: Insekdoderpryse: Internasionaal in dollarwaarde
Internasionale insekdoderpryse - Jaar op jaar veranderinge ($/t) |
|||
|
Jan 17 |
Jan 18 |
% verandering |
Imidacloprid (95%) |
17 621 |
32 162 |
+82.5% |
Lambda-cyhalothrin (95%) |
20 996 |
36 890 |
+75.7% |
Carbofuran (99%) |
9 333 |
13 193 |
+41.4% |
Deltamethrin (98%) |
56 491 |
105 097 |
+86.0% |
Acetamiprid (95%) |
18 840 |
32 595 |
+73.0% |
Chlorpyrifos (95%) |
4 348 |
7 154 |
+64.5% |
Cypermethrin (94%) |
9 655 |
18 002 |
+86.5% |
R/$ |
13.56 |
12.18 |
-10.2% |
Tabel 4: Insekdoderpryse: Internasionaal in randwaarde
Internasionale insekdoderpryse - Jaar op jaar veranderinge (R/t) |
|||
|
Jan 17 |
Jan 18 |
% verandering |
Imidacloprid (95%) |
239 648 |
391 734 |
+63.5% |
Lambda-cyhalothrin (95%) |
285 548 |
449 319 |
+57.4% |
Carbofuran (99%) |
126 922 |
160 693 |
+26.6% |
Deltamethrin (98%) |
768 279 |
1 280 085 |
+66.6% |
Acetamiprid (95%) |
255 471 |
397 001 |
+55.4% |
Chlorpyrifos (95%) |
58 965 |
87 132 |
+47.8% |
Cypermethrin (94%) |
130 916 |
219 261 |
+67.5% |