![]() |
Graan SA se 52ste NAMPO Oesdag vind plaas vanaf 15-18 Mei 2018 by NAMPO Park, net buite Bothaville. Die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, met die tema "Effektiwiteit met Tegnologie", beloof om weer 'n hoogtepunt op hierdie jaar se landboukalender te wees. Lede se e-pos instruksies is gestuur met die nodige skakels om jou eksklusiewe toegangskaartjies te druk. Indien jy nog nie jou kaartjies ontvang het nie, kontak asseblief vir Elray de Klerk by 086 004 7246 of elray@grainsa.co.za. Besoekers, maak seker dat u nie misloop nie en bespaar wanneer u kaartjies aanlyn, via TicketPro koop. |
![]() |
Die Graan SA Kongres wat plaasgevind het op 8 en 9 Maart 2017 te NAMPO Park was 'n reuse sukses waarvan u meer kan lees in die April-uitgawe van die SA Graan/Grain. Tot dan, kyk gerus na 'n kort fotobeeld van die 2-dae hoogtepunt op die Graan SA kalender. Klik op die Kongres gallery hieronder. |
![]() |
Prof Mohammad Karaan, Landbou-ekonoom het die 2018 Graan SA Kongres toegespreek oor die Beleidsomgewing vir Volhoubare Kommersiële en Ontwikkelende Graanprodusie Die video van die bespreking kan hieronder gesien word. |
![]() |
Brand Pretorius, afgetrede Uitvoerende Hoof van McCarthy Beperk het 'n motiveringsadres aan afgevaardigdes oor leierskap tydens kongres gelewer. Die video van die bespreking kan hieronder gesien word. |
![]() |
BVG het in vennootskap met Landbou.com, Landbouweekblad, JSE, BKBGrainCo, BVG en Graan SA die 2018 Fantasie Verskansingskompetisie geloods en dit is nou tyd om daardie profiele aktief te kry en transaksies te loods. Onthou, benewens die pryse, borg Graan SA 'n bykomende R10 000 aan die Graan SA-lid wat eerste geplaas word. Om die gebruikers die beste moontlike ervaring te bied, het BVG verbeterings aan die handelsagteware aangebring om 'n meer realistiese handelservaring te verseker en nuwe funksies is gebou waar deelnemers hul bestellings kan inlees, en wat uitgevoer sal word sodra die prys hul snellerprys bereik. Die finaliste sal tydens NAMPO Oesdag aangekondig word. Die wenner sal later in die jaar tydens 'n gesogte gala-geleentheid aankondiging word. |
![]() |
Beweeg saam met die tye Vindingryke produsente kry weer geleentheid om gemodifiseerde landboutoerusting te demonstreer. Die doel van die Boerepatentekompetisie is om produsente met oorspronklike idees aan te moedig om toerusting wat deur hulle gebou is vir spesifieke aanwending of vir die doel om hul eie probleme op die plaas te oorkom, met hul medeprodusente te deel wat sal lei tot algemene en groter doeltreffendheid en gerief op die plaas. Produsente wat deelneem aan die Boerepatentekompetisie wat tydens Graan SA se NAMPO Oesdag (15–18 Mei 2018) aangebied word, kan vanjaar ook R10 000 vir hul boerevereniging of studiegroep inpalm. Enige opbetaalde lid van ‘n boerevereniging of studiegroep wat ‘n boerepatent onder kategorie A tot D inskryf, se inskrywing word outomaties deel van die beoordeling van hierdie spesiale prys. Video’s van patente sal ook vanjaar as inskrywing in enige van die kategorieë aanvaar word. Kliek hier om die amptelike inskrywingsvorm af te laai
|