Produk-inligting
< 11
LANDBOU-ALGEMEEN
Nampo 2014
Geen kompromie op
gehalte
endiensnie
C
ape Gate is een van die grootste vervaardigers van ge-
halte staalprofielprodukte asook draad- en draadverwante
produkte en voorsien aan die plaaslike sowel as internasio-
nalemark.
Die maatskappy het reeds in 1929 in Kaapstad tot stand ge-
kom en het later na Vanderbijlpark uitgebrei waar die
groep toenemend verbind is met die vervaardiging van ‘n
uitgebreideprodukreeks vanhoogstaandegehalte.
Markleier
Diemaatskappy isdiemarkleieropdiegebiedvan tegnologie.Unieke
vervaardigingsprosesse is ontwikkel en uitgebrei en alle stadia van
die vervaardiging is ten volle geïntegreerd – van die verkryging van
diegrondstof tot die verwerkte eindproduk.
Produkte en gehalte
Omdat die inherente eienskappe van draad nie met die
blote oog sigbaar is nie, is die verbruiker grootliks aange-
wese op die gehaltemerk van die Suid-Afrikaanse Nasionale
Standaarde (SANS). Hierdie waarmerk van gehalte bevestig
dat die produkreeks voldoen aan spesifieke voorgeskrewe
vereistes.
Cape Gate se verdere verkryging van die ISO 9001-akkreditasie rug-
steun die bogenoemde gehaltemerk, aangesien daarmee verseker
word dat die vervaardiger nougesette voorwaardes, spesifikasies en
produksieprosessehandhaaf omdeurgaans ‘ngehalteprodukdaar te
stel –dus ‘nbaiebelangrike“kenteken”waaropdiekliënt kanaandring.
Die volgehoue gehaltebeheerprogramme, tesamemet die aanwen-
ding van die modernste toerusting en tegnologie, dra alles by tot
kritieke aspekte, soos:
Bepaalde treksterkte, wat grootliks deur CapeGate se eie selek-
sie van koolstof walsdraadbepaal word.
Uitgloeiing, wat bepalend is bydie elastisiteit vandieproduk.
Die voorbereidingsproses – die proses alvorens die sinkdeklaag
aangewendword enwat die leeftyd vandiedraadbepaal.
Kliëntediens, wat begin by die beskikbaarheid van ‘n gehalte
produk, vir die regte aanwending, teen mededingende pryse,
gevolgdeur deurlopendenaverkopediens.
Lewensverwagting
Die lewensverwagtingvangegalvaniseerdedraadhoudirekverband
met die gehalte, proses en spesifikasies van die sinkdeklaag op die
produk.
Volgens SANS is dieminimumvereistes in die geval van 2mm dikte
draad soos volg:
ligversink – 40gr/m²; en
volversink – 240gr/m².
Daar is egter tweeSANS-spesifikasieswaarvolgens versinkte draad
vervaardigword:
SANS 10244/2, Klas A + D: Het betrekking op die sinkdeklaag
(A= lig versink enD= volversink)
SANS 675, Klas A+D: Hier word ook verwys na die treksterkte
vandiedraad.
M/S= 350/375MPA
HI =Min 950MPA
VHI =Min 1 250MPA
In die geval van staaldraad sal hierdie spesifikasie bepalend wees
vir dieaanwending in, ondermeer,wingerdbou, vrugteverbouingen
wildheinings. Draad wat dus aan hierdie spesifikasies met die toe-
paslike SANS-merk voldoen en verder gerugsteun word deur die
ISO 9001-akkreditasie, moet beskouword as die enigste produk vir
oorwegingwat betref optimum lewensverwagting.
Witroes
Witroes op gegalvaniseerde draad wek by die meeste verbruikers
kommer. Dit is ‘n wit, poeieragtige neerslag op die oppervlak van
die sinkdeklaagwat vorm sodra die sink op die basismetaal gevoeg
word enmet die suurstof in die atmosfeer reageer om ‘n sinkoksied
te vorm.
Sodra die sinkoksied-oppervlak aan voldoende water/vogtigheid
blootgestel word, vind ‘n reaksie plaas sodat dit na sinkhidroksied
verander, wat die beginstadium van witroes is. Die sinkhidroksied
reageer dan met die koolstofdioksied in die atmosfeer en vorm ‘n
basiese sinkkarbonaatneerslag, alombekend aswitroes.
Witroes vorm gewoonlik tussen digverpakte gegalvaniseerde draad
wat nat gewordhet of in ‘n klamomgewinggebergword. Die groot-
ste enkele nadeel van witroes is dat dit die kosmetiese voorkoms
van die produk kan benadeel. Dit dui egter nie op enige skade aan
die sinkdeklaag endus ook nieop ‘n korter lewensverwagtingnie.
Voorkoming
Deur ‘npaar elementêremaatreëlsmet diebergingvandraaden an-
der gegalvaniseerdeprodukte tevolg, kanwitroesgrootliks verhoed
word. Dit sluit in:
Vrye lugsirkulasie.
Verhoed sover moontlik dat die produk met water in aanraking
kom, ook tydens die vervoerproses.
Stapel die produk korrek sodat kondensaat vrylik kan afloop en
droog.
Sien toe dat alle oppervlaktes van die produk goed geventileer
is.
Moenie die produk onder plastiekseile of op nat oppervlaktes
bergnie en verkieslik ook niedirek op sementvloerenie.
Berg afsonderlik van kunsmis en chemikalieë.
CapeGatevolstaanbydiebeginsel dat daar geen kompromievir ge-
halteendiens isnie. Houook ingedagtedat goeieomheiningsgoeie
buurmanskap verseker en dat goedkoop koop in diemeeste gevalle
duur koop is.
Kom besoek ons gerus by ons standplaas by Graan SA se NAMPO
Oesdaghierdie jaar.
EGBIECOMPION,
CapeGate