• Login
  • Search Icon

‘Werkers moet deel kry van plaas se opbrengs’

13 Sep 2011
Die DA het die regering se groenskrif oor grondhervorming gister afgeskiet en as alternatief ’n grondbeleid gegrond op welvaartskepping eerder as herverdeling voorgestel. Me. Lindiwe Mazibuko, DA-woordvoerder oor grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die groenskrif teer erg op die taal van apartheid en koloniale afneem van grond, maar ignoreer die ANC se onbeholpenheid, wanbestuur en korrupsie wat die afgelope 17 jaar se grondbeleid gekenmerk het. Volgens Mazibuko fokus die groenskrif heeltemal te veel op die blote oordrag van grond, terwyl die beroerde toestand van soveel plase wat hertoegewys is duidelik toon dis geen waarborg vir welvaart nie. Die DA is besig om as deel van sy omvattende plan om ekonomiese groei van 8% in die land te bereik ’n gedetailleerde beleid oor die kwessie op te stel. Die beleid sal fokus op ekonomiese groei en welvaart vir plaasbewoners eerder as net grondoordrag.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Werkers-moet-deel-kry-van-plaas-se-opbrengs-20110912