• Login
  • Search Icon

‘Skaliegas lok dalk geld weg'

25 May 2011
As Brittanje groot hoeveelhede skaliegas ontdek en ontgin, kan dit beleggers ontmoedig om in hernieubare-energiebronne te investeer. D?t is die bevinding van ’n Britse parlements?komitee in ’n verslag oor skaliegasontwikkeling en hidrouliese breking – die omstrede tegnologie waarmee aardgas uit skalierots ontgin word. Die komitee sê egter daar is nie bewyse dat hidrouliese breking ’n regstreekse risiko vir die besoedeling van ondergrondse waterbronne inhou nie. Die “hipotetiese en onbewese” risiko moet opgeweeg word teen die voordele wat skaliegas vir Brittanje se energiesekerheid inhou. Daar is wel ’n besoedelingsrisiko weens foute by boorgate, maar dis dieselfde risiko’s as by die konvensionele ontginning van olie en aardgas.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Skaliegas-lok-dalk-geld-weg-20110525