• Login
  • Search Icon

‘Omgekeerde balbesit’

04 Aug 2011
Die feit dat die groenskrif oor grondhervorming steeds onbekend is, is ’n bewys dat daar nie eenstemmigheid in die kabinet is oor die gevolge wat grondhervorming vir die land inhou nie. So het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gister op ’n byeenkoms van Agri Delmas gesê. “In die regering is daar mense wat besef dat as jy iets gebreek het, dit baie moeilik is om dit reg te maak,” het hy gesê. Die groenskrif sou aanvanklik verlede jaar bekend geword het, maar is na die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming teruggestuur. Die verwagting was dat dit verlede week bekend gemaak sou word, maar dit het ook nie gebeur nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Omgekeerde-balbesit-20110803