• Login
  • Search Icon

‘Maak vakbondlede inspekteurs’ - VN

18 Jul 2011
Vakbondlede wat die nodige opleiding ondergaan het, kan as arbeidsinspekteurs op plase aangewend word, sê mnr. Olivier de Schutter, ’n beampte van die Verenigde Nasies (VN) wat die reg tot voedsel ondersoek. De Schutter het die afgelope week informele nedersettings en opkomende boere in KwaZulu-Natal besoek om ’n verslag oor Suid-Afrika se voedselsekerheid en regte saam te stel. De Schutter het Suid-Afrika op uitnodiging van die staat besoek en sal later ’n verslag oor sy bevindinge aan die staat en die VN voorlê.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/maak-vakbondlede-inspekteurs-vn