• Login
  • Search Icon

‘Die hel was los’, sê boer nadat plase afbrand

25 Aug 2011
“Die hel was gister hier los. Ek het al baie brande in my lewe help blus, maar ek het goed gesien en beleef wat ek nog nooit beleef het nie.” D?t is die woorde van mnr. Boy Saaiman, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) op Steynsrus, nadat tientalle plase sedert eergister deur erge brande getref is. Ses boere in die distrik het al hul weiveld verloor en nog 11 boere het meer as 60% weiding verloor. Miljoene rande se skade is aangerig.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Die-hel-was-los-se-boer-nadat-plase-afbrand-20110824