• Login
  • Search Icon

‘Belastingbedrog’ het bedryf aan die gons

06 May 2011
Tientalle boere in die Vrystaat en die Noord-Kaap kan strafregtelik vervolg word nadat die SA Inkomstediens (SAID) vasgestel het talle boere verklaar glo die verkope van beeste valslik as die verkope van mielies – blykbaar met die aanmoediging van hul agente. Landbou.com het ook gister daaroor berig. ’n Belastingkoers van 14% word op die aankope van beeste gehef, terwyl die aankope van mielies vry is van belasting op toegevoegde waarde (BTW). Mnr. Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, het bevestig dat sowat 80 boere in die twee provinsies oor die kwessie genader of vir ondersoek geïdentifiseer is. Sowat 29 van di? gevalle is reeds n? ’n oudit aan die SAID se eksterne ondersoek-eenheid oorhandig. Die diens beoog om n? verdere ondersoek die beweerde oortreders strafregtelik te vervolg.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/belastingbedrog-het-bedryf-aan-die-gons