• Login
  • Search Icon

Markpryse skep ‘n geleentheid vir uitbreiding in koringproduksie

March 2011

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA EN BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM, MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die huidige markpryse skep ‘n geleentheid om uitbreidings in koringproduksie te oorweeg en die huidige prysgeleenthede tot met oestyd te bestuur om sodoende ‘n winsgewende oes te verseker.

VSA koringpryse is tans 35% hoër as ‘n jaar gelede (Grafiek 1). Die twee belangrikste fundamentele faktore waaraan die huidige hoër internasionale koringpryse toegeskryf kan word, is die goeie uitvoervraag vir hoër kwaliteit VSA koring en die skade van wat winter kill-produksietoestande aan koring in lande soos die VSA en Sjina moontlik kan aanrig. Die invloed van beleggings- en spekulatiewe fondse moet ook nie onderskat word nie.

Let egter daarop dat die weermark vir die Noordelike Halfrondlande gedurende Maartmaand in die kommoditeitsmarkte posvat. Weens die relatiewe droë weerstoestande in die   Noordelike Halfrond se koringproduserende lande, gaan gunstige lenteproduksietoestande nodig wees om genoegsame koringvoorrade te verseker. Dit kan dus verwag word dat pryse sywaarts tot in Maart kan beweeg waarna prysskommelinge (volatiliteit en prysrisiko) vanaf Maartmaand kan begin toeneem.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%2011_Markpryse%20koringproduksie.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Wenartikels

Search