• Login
  • Search Icon

‘n Markoorsig van die afgelope jaar – 17 November 2009 tot 17 November 2010

December 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

In hierdie artikel word ‘n oorsig gegee van die prysverloop van kommoditeite vanaf November 2009 tot November 2010. Grafieke 1 tot 8 gee ‘n beeld van die belangrikste internasionale en plaaslike faktore wat kommoditeitspryse beïnvloed het.

Die reddingspakket wat aan Europese lande toegestaan is, nadat verskeie lande soos Griekeland, skuldprobleme ondervind het, het daartoe bygedra dat ruoliepryse vanaf /vat in November 2009 tot hoogte puntvlakke van /vat in Mei 2010 gestyg het. Danksy OPEC-lidlande wat produksieteikens konstant gehou het en die herstel van die Asiatiese en Europese markte, is die ruolieprys sedertdien ondersteun. Beleggers het ook nuwe vertroue in ruolie as ‘n verskansing teen die swak dollar en inflasie gekry en die ruolieprys het teen /vat op 17 November 2010 verhandel.

Die sterker rand het weens die swakker dollar druk op plaaslike kommoditeitspryse geplaas en vanaf R7,45 tot R7,01 op 17 November 2010 versterk. Tesame met die Wêreldbeker Sokkertoernooi en die herstel van die resessie het beleggers, ten spyte van die rentekoersverlagings in Suid-Afrika, meer riskante markte bo die veilige dollar verkies en gevolglik het die dollar verswak. Mark deelnemers is egter van mening dat die rand oorwaardeer is en dat rentekoerse verlaag moet word. Stakings en Suid-Afrika se lae arbeidsproduktiwiteit, tesame met ‘n dreigende handelstekort, het druk op die rand geplaas.

Die JSE-Algehele Indeks het weens ondersteuning vanaf die Wêreldbeker Sokkertoernooi nie die daling van internasionale markte getoon nie. Positiewe nuus vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat daarop dui dat die VSA ekonomie aan die herstel is en dat die nodige voorsorgmaatreëls getref is om ‘n tweede resessie te verhoed, het verdere ondersteuning aan die JSEIndeks gebied. Gevolglik het die JSE vanaf 27 210 indekspunte tot 31 419 indekspunte gestyg.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%2010_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: December 2010

Section: Markoorsig

Search