• Login
  • Search Icon

‘n Kiekie van die Suid-Afrikaanse kunsmisbedryf in sy huidige vorm

December 2010

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA

 

Sedert die ontstaan van die plaaslike kunsmisbedryf in 1903, toe die eerste kunsmis uit dieregebeentes in Durban gemaak is, het die kunsmisbedryf gegroei en ook baie veranderinge ondergaan.

Oorspronklik het die ontwikkeling van die mynsektor gehelp dat die plaaslike vervaardiging van kunsmisstowwe kon begin. Die plaaslike bedryf was egter steeds afhanklik van ingevoerde kunsmisprodukte wat ingemeng kon word met plaaslik vervaardigde produkte. Suid-Afrika was genoop om te be gin met die plaaslike vervaardiging van kuns mis toe invoere tydens die Tweede Wêreld oorlog opgedroog het.

Prysbeheer was ingestel as ‘n oorlogsmaatstaf gedurende die vroeë 1940s tot en met Januarie 1984. Na die Wêreldoorlogsjare, tot die vroeë 1980s, het die kunsmisbedryf gefloreer onder ‘n beskermende handelsomgewing en regeringshulpmaatreëls vir landbou in die algemeen. Dit het gelei tot die ontwikkeling van Sasol, ISCOR en Foskor in die vroeë 1950s.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%202010_SA%20kunsmisbedryf.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: December 2010

Section: Wenartikels

Search