• Login
  • Search Icon

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016

February 2016

image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

Die wisselkoers het vanaf Desember 2014 tot Desem - ber 2015 met 30,84% verswak – vanaf R11,48 tot R15,02 teenoor die dollar (Grafiek 1). Aan die begin van 2016 het die rand sy verswakkende tendens voortgesit.

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016

Aangesien die meeste van Suid-Afrika se landbouinsette ingevoer word, gaan hierdie verswakking ‘n noemenswaardige impak op plaaslike insetpryse hê. Waar insetpryse op internasionale markte gedaal het, kan dit meebring dat insetpryse op plaaslike markte aansienlik gaan toeneem.

Insette kan soos volg geraak word:

Kunsmispryse

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016Internasionale kunsmispryse het in dollarwaarde deur die bank noemenswaardig oor ‘n jaartydperk gedaal. Ammoniak en ureum het met 26,6% en 28,1% gedaal, terwyl DAP en kaliumchloried met 7,2% en 12,8% gedaal het (Tabel 1).

Aangesien meer as 80% van ons kunsmisbehoeftes ingevoer word, het die wisselkoers ‘n beduidende invloed op die kunsmisprys. Indien na internasionale kunsmispryse, in randwaarde gekyk word, het die pryse van DAP en kaliumchloried met 21,5% en 14,1% gestyg. Ammoniak en ureum het weer met 3,9% en 5,9% gedaal (Tabel 2).

 

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016

Hieruit is dit duidelik dat ten spyte van skerp dalings in internasionale kunsmispryse as gevolg van die verswakking in die wisselkoers, hierdie dalings nie in die plaaslike mark gaan deursyfer nie. Inteendeel, plaaslike pryse kan moontlik toeneem.

Landbou-chemikalieë

Suid-Afrika voer 99% van sy behoeftes aan landbou-chemikalieë in. In terme van pryse kan dieselfde tendens waargeneem word as wat die geval is by kunsmis. Internasionale onkruiddoderpryse het feitlik deur die bank op ‘n jaargrondslag gedaal (Tabel 3). Wanneer dié pryse egter in randterme omgeskakel word, toon pryse van alle aktiewe bestanddele, behalwe glifosaat, ‘n styging. Dit is veral atrasien en metolachloor wat stygings hoër as 20% toon en trifluralien ‘n styging van meer as 30% (Tabel 4).

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016

Internasionale insekdoderpryse het ook oor ‘n jaartydperk gedaal. Gegewe die verswakking van die wisselkoers, kan plaaslike insekdoderpryse egter skerp op ‘n jaargrondslag styg (Tabel 5 en Tabel 6).

Wisselkoers 'n doring in die vlees vir produksieinsette in 2016

Brandstofpryse

Die plaaslike groothandelsprys van diesel word gereguleer. Pryse word bepaal deur die invoerpariteitsprys van diesel, die wisselkoers en heffings.

Van Desember 2014 tot Desember 2015 het die groothandelsprys van diesel met 2,23% gedaal – vanaf R10,28/liter tot R10,05/liter. Oor dieselfde tydperk het die ruolieprys in dollarwaarde met 38,25% gesak, terwyl dit in randwaarde met slegs 19,2% gedaal het.

Publication: February 2016

Section: On farm level

Search