• Login
  • Search Icon

Perspektief | Perspective Week 3 - 2018

19 Jan 2018

SENSITIWITEITSANALISE VAN MIELIE UITVOERBARE SURPLUSSE GEGEWE VERSKEIE AANPLANTINGS- EN OPBRENGS SCENARIO’S VIR DIE 2018/19 BEMARKINGSJAAR
Luan van der Walt, Ekonoom & Dr Dirk Strydom, Bestuurder: Graanekonomie & Bemarking, Graan SA

Die rekord 2017/18 bemarkingseisoen is iets van die verlede en die fokus is weereens op die nuwe seisoen wat voorlê. Aanvanklik voor die optimale plant venster vir somergewasse in meeste gedeeltes van die land begin het, het daar wydverspreide reën voorgekom en het dit gelyk of dit weereens ʼn top seisoen sou wees. Die seisoen het egter ʼn ander wending geneem en die reën het vir lang periodes weg gebly wat die aanplantings proses vertraag. Die aanplantings in veral die meer westelike gedeeltes van die land, het gesukkel om aan die gang te kom as gevolg van tekorte aan die nodige grondvog vir die plantery om optimaal plaas te vind. Daar is tans heelwat onsekerhede in die mark rakende hoeveel van die verskillende gewasse werklik aangeplant is en daar sal eers meer sekerheid daar rondom wees wanneer die Nasionale Oesskattingskomitee die 30ste Januarie die voorlopige aanplantings van somergrane bekend maak.

Onsekerheid heers wel oor die aantal hektare wel aangeplant omdat daar areas is wat wel genoegsame reën ontvang het maar dan weer areas wat glad nie eers tot plant gekom het nie. Onderstaande is grafieke wat die reënval aandui vir ‘n paar lokaliteite in die land sedert Julie 2017. Dit is natuurlik belangrik om ook in ag te neem die tydigheid van die reënval.

Figuur 1: Reënval in die Vrystaat-area
Bron: BVG

Figuur 2: Reënval in die Mpumalanga-area
Bron: BVG

Figuur 3: Reënval in die Noordwes-area
Bron: BVG

Dit is duidelik dat die westelike gedeeltes van die land in veral die laaste 30 dae aan die kortste end getrek het wat die reënval betref. Daar is ook wel ander gebiede wat reën ontvang het en dit skep onsekerhede oor wat die huidige status van die oes is.

Een van die grootste vrae tans in die mark, is wat die impak van laer aanplantings sowel as verskillende opbrengs moontlikhede kan hê op die komende seisoen se voorraadvlakke aangesien daar groot oordragvoorraad behoort te wees aan die einde van die 2017/18 bemarkingseisoen. Die aangehegde sensitiwiteitsanalise toon die moontlike uitvoerbare surplusse wat vir die 2018/19 seisoen beskikbaar kan wees gegewe verskillende oppervlakte aangeplant en opbrengs scenario’s. Die oppervlakte aangeplant is afwykings vanaf die NOK se voorneme om te plant terwyl die verskillende opbrengs scenario’s afwykings vanaf die 5-jaar gemiddelde opbrengs is. Die verbruik in die komende seisoen is gelyk aan die gemiddelde verbruik oor die afgelope 3 jaar terwyl die pyplyn voorraad gelyk is aan 1.5 maande (6 weke) se verbruik. Geen Afrika uitvoere is by die verbruik bygewerk nie en die verbruik weerspieël slegs die plaaslike verbruik.

Die uitvoerbare surplusse wat in die sensitiwiteitsanalise aangetoon word is groen wanneer dit minder as 1.5 miljoen ton vir die seisoen is en rooi wanneer dit meer as 1.5 miljoen ton is. Indien daar moontlik geen uitvoerbare surplusse is nie is dit in helder rooi met witskrif aangedui. Dit is duidelik dat gegewe die oordragvoorraad vir die seisoen die aanplantings met aansienlik minder as die voorneme moet wees en die gemiddelde opbrengs oor die land aansienlik laer as die gemiddeld moet wees.

Laai 'n kopie van die sensitiwiteitsanalise hier af

Hou die volgende faktore in gedagte wanneer bemarkingsbesluite geneem word

  • Daar gaan groot oordragvoorraad wees aan die einde van die huidige bemarkingseisoen – dus groot begin voorraad in die volgende seisoen.
  • Indien die seisoen se produksie gemiddeld is (gemiddelde opbrengste verkry word) behoort die plaaslike voorrade in die volgende seisoen genoeg te wees om die gemiddelde plaaslike verbruik te vul.
  • Die mark behoort in die volgende paar weke steeds baie sensitief te wees vir die weerstoestande wat die volatiliteit in die mark hoog sal hou.
  • Die vorige twee seisoene was reeds uitdagend gewees – vermy onnodige risikos sover moontlik in die komende seisoen.
  • Pas goeie finansiële bestuursbeginsels toe in die boerdery – beskerm kontantvloei posisies ten alle tye.

 

 


SUID-AFRIKA VANDAG
Michelle Mokone, Ekonoom, Graan SA

Die begin van 2018 gaan ‘n paar geringe aanpassings vereis as gevolg van veranderinge wat langs die pad plaasgevind het, beide polities, ekonomies en in die landbou-omgewing.

Politieke veranderinge

Suid-Afrikaners het die Nuwe Jaar betree met die hoop dat die mishandelde diens van pres. Jacob Zuma as staatshoof sal beëindig word nadat Cyril Ramaphosa in Desember 2017 as die nuwe president van die ANC verkies is. Daar was oor die algemeen positiewe sentiment na aanleiding van sy oorwinning en dit is gesien in die versterking van die rand, wat met 2,75% toegeneem het van R13.10 tot R12.75 teenoor die dollar. Cyril Ramaphosa se oorwinning het egter nie 'n paar onsekerhede wat lank reeds bestaan, heeltemal uitgevee nie. Uit 'n landbou-oogpunt het Ramaphosa se kommentaar oor die ANC besluit van grond onteiening sonder vergoeding, besorgdheid in die bedryf veroorsaak. Grondhervorming is 'n komplekse kwessie wat moontlik die slakpas-hantering van die kwessie, verduidelik. Dit is egter van kritiese belang dat die ANC, beleid implementeer wat ekonomiese groei sal bestuur, voedselsekerheid skep en groei in voedselproduksie bevorder. Die landbousektor is 'n dryfkrag in die Suid-Afrikaanse ekonomie en was 'n belangrike bydraer tot die BBP in drie kwartale van 2017, wat 0,9% in die 3de kwartaal van 2017 bygedra het. Dit is dus krities dat die nuwe besluite van die nuwe ANC leierskap die lopende saak van die bedryf in ag neem deur beleide te struktureer wat belegging sal lok en die bedryf sal laat groei.

Veranderinge in Landbou

Terwyl die bedryf goeie reëns gedurende die 2017/18 produksieseisoen verwag het, is dit egter deur nog droogte begroet wat in die Nuwe Jaar voortgesit is. Soos op 15 Januarie 2018, in 'n vraelys wat deur Graan SA uitgestuur is, is aangedui dat min addisionele graanhektare weens hoë temperature en droogtetoestande geplant is. As ‘n gevolg kon boere oor die groot mielieproduksiegebiede nie hul beoogde hektaar plant nie. Volgens die RMD se daaglikse reënverslag is dit duidelik dat die 2017/18 produksieseisoen, lae reënval ontvang het in vergelyking met dieselfde tydperk 'n jaar gelede. Die Wes-Vrystaat het tot dusvêr aansienlik lae reënval vlakke getoon; vanaf 1 September 2017 tot op datum het die streek slegs 1 318 mm reën ontvang, 'n afname van 48% in ooreenstemming met 'n jaar gelede. Die Noordwes-provinsie het ook 'n 17% afname  in reënval getoon, van 2 428 mm in die 2016/17 produksieseisoen tot 1 998 mm in die 2017/18 produksieseisoen . Dit is egter te vroeg om die effek van die droogte op die aangeplante somergewasse te bepaal - weer eens 'n deur van onsekerheid vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Tabel 1: Daaglikse reënverslag
Bron: RMD

Ekonomiese veranderinge

In die ekonomiese landskap, het die plaaslike valuta versterk, as reaksie op politieke veranderinge wat in Desember 2017 plaasgevind het. Die versterking van die rand was 'n welkome stimulus, wat voorkom het dat plaaslike brandstofpryse verhoog. Onlangs, veral in Januarie, het Suid-Afrika vir die eerste keer in vier maande 'n afname in brandstofpryse aangeteken; met nog 'n afname wat intussen in Februarie 2018 verwag word. As die rand toenemend in ondersteuningsvlakke handel dryf, kan brandstofpryse verder afneem. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag sy eerste Monetêre Beleidskomitee vir die jaar gehou, waartydens die repo- en rentekoers onveranderd op 6,75% en 10,25% onderskeidelik gehou is. Die SARB het sy voorspelling vir die BBP-groei vir 2017 van 0,7% tot 0,9% hersien met voorspelling vir die jaar wat voorlê, wat tot 1,4% aangepas is. As gevolg van gunstige voorspellings, veral die sterker rand en laer elektrisiteit prysaanname, word verwag dat inflasie vir die jaar 'n lae middelpunt van die 3-6% teikenreeks kan bereik.

Oor die afgelope twee maande (Desember en Januarie) was daar duidelik verskuiwings in die politieke, ekonomiese en landbou-omgewings wat 'n mate van aanpassing sal vereis. Dit is egter te vroeg om die jaar se uitkoms te bepaal – aangesien almal aan onsekerheid se genade oorgelaat is.

 

 


2018 STREEKSVERGADERINGS

Die streeksvergaderings wat die week afgeskop het, was goed deur lede bygewoon. Die volgende vergaderings se datums is soos volg:

 

 

 


OTTOSDAL BEWARINGSLANDBOUKONFERENSIE

Dié immergewilde jaarlikse hoogtepunt op die bewaringslandbou-kalender wat vanaf 13-14 Maart 2018 by die Ottosdal Skougronde plaasvind, fokus hierdie jaar op Diversiteit se kritiese rol in die herlewing, veerkragtigheid en winsgewendheid van bewaringslandbou.

Vir verdere besonderhede laai die inskrywingsvorm en program hier af

 

 


HERLEWINGSLANDBOUKONFERENSIE

Landbouweekblad, VKB en Dekalb SA – saam met die Riemland-studiegroep en Graan SA – bring wêreldbekende sprekers, kenners en van die beste boere wat al die skoolgeld betaal het, byeen vir die eerste Suid-Afrikaanse konferensie wat net op herlewingslandbou toegespits is.

Die konferensie word op 19 en 20 Maart 2018 by die VKB-feesterrein op Reitz gehou. Kontak Dalene Ricketts (dricketts@landbou.com) vir besprekings of klik hier om die program af te laai.

 

 


INTERNASIONALE SORGHUMKONFERENSIE

Die 2018 internasionale sorghumkonferensie met die tema, "Sorghum in die 21ste eeu: voedsel, voer en brandstof in 'n vinnige veranderende wêreld," word vanaf 9-12 April 2018 in Kaapstad aangebied.

Die konferensie, die eerste in sy soort in meer as 30 jaar, sal honderde deelnemers van regoor die wêreld bymekaarbring, insluitend navorsers, verteenwoordigers van die graanbedryf, besigheidsondernemers, regeringsorganisasies, ontwikkelingspraktisyns en vele meer. Sorghum se veelsydigheid as 'n stapelvoedings voedselgewas, spesiale gluten-vrye bestanddeel, veevoer en biobrandstofbron, maak dit 'n belangrike produk wat in staat is om te help om wêreldwye kommer oor te gaan, insluitende voedselsekuriteit, klimaatverandering, skoon energie en volhoubaarheid van die omgewing.

Die Internasionale Sorghum Konferensie word aangebied deur die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research on Sorghum and Millet van Kansas State University, VSA, te same met die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika.

Vir nadere inligting, besoek die Internasionale Sorghum Konferensie webwerf https://21centurysorghum.com