• Login
  • Search Icon

Webtuiste spog met nuwe voorkoms en funksionaliteite

May 2013

ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN

As jy onlangs die Graan SA-webtuiste (www.grainsa.co.za) besoek het, sou jy agtergekom het dat die organisasie se webtuiste ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het. Die nuwe, opgedateerde webtuiste is tydens Graan SA se Kongres in Maart vanjaar bekend gestel.

Mnr Robert Braune van ThoughtCorp, wat verantwoordelik is vir die nuwe webtuiste, verduidelik wat die belangrikste kenmerke daarvan is.

  • Gebruikers kan die inhoud op die webtuiste nou in Afrikaans of Engels lees en hul voorkeur word gestoor.
  • Die ontwerp is hersien om ‘n meer gebruikersvriendelike ervaring te verskaf en om aan Graan SA se handelsmerk te voldoen.
  • Die verslag-afdeling is opgedateer om makliker toegang tot inligting te verskaf en Safex live feeds is ook geïnkorporeer.
  • Graan SA-lede is nou in staat om op die webtuiste te registreer en om eksklusiewe “net-vir-lede”-inhoud daarop te kry. Hierdie funksie is lewendig, maar nuwe inhoud word nog ontwikkel.
  • Die Perspektief nuusbrief is opgedateer om by die ontwerp van die nuwe webtuiste aan te pas. Die daaglikse markverslag e-pos is ook opgeknap.
  • Die webtuiste is geoptimaliseer vir soekenjins om te sorg vir meer prominente sigbaarheid op Google.
  • ‘n Sosiale mediastrategie is ook aan die gang, insluitend Facebook, Twitter, YouTube en LinkedIn, en gebruikers sal in staat wees om by te dra op die webtuiste via besprekings en kommentaarfasiliteite.

Volgens mnr Philip Smith (bestuurder: Bemarking, Graan SA) is die web tuiste nou meer gebruikersvriendelik en modern.

“Dit het vinniger navigasie-instrumente en is ontwikkel om die verskillende gebruikers (Graan SA-lede, personeel, media, die landbouwaardeketting, die publiek, bedryf asook die regering) te dien. Die inligting op die webtuiste is relevant en word op datum gehou. Besoekers kan nou ook meer video’s en foto’s hierop sien.”

Publication: May 2013

Section: Other Articles

Search