• Login
  • Search Icon

WATERBEHOEFTES van grondbone onder besproeiing

September 2011

KOOS SNYMAN, DEPARTEMENT VAN LANDBOU, VRYSTAAT EN JAN DREYER LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

‘n Verskeidenheid van faktore kan die waterbalans van ‘n spesifieke Grond/gewas/klimaatkombinasie (ekotoop) beïnvloed. Dit sluit ondermeer reën, besproeiing, afloop vanaf die grondoppervlak, diep dreinering uit die wortelsone, evaporasie (verdamping) vanaf die grond sowel as die blaaroppervlak en transpirasie deur die gewas se blare in.

In hierdie artikel oor grondbone word hoofsaaklik op die laaste twee aspekte gekonsentreer.

Evapotranspirasie
Die waterverbruik van ‘n gewas staan ook bekend as evapotranspirasie (ETc). Evapotranspirasie is die gekombineerde proses van waterverlies deur evaporasie (verdamping) en transpirasie (verlies deur die plant self). Die waterverbruik van ‘n gewas word grootliks deur die atmosferiese verdampingsaanvraag bepaal. Hierdie aanvraag raak veral hoër wanneer temperatuur styg en die lugvog daal. Wind kan ook bydra tot vinnige vogverlies.

‘n Tipiese voorstelling van die relatiewe seisoenale waterverbruikspatroon van grondbone word in Grafiek 1 geïllustreer. Die waterverbruik is die laagste as die grondbone jonk is en bereik ‘n maksimum rondom 90 tot 100 dae ná plant, waarna die verbruik weer afneem tot fisiologiese rypwording rondom 130 dae ná plant.

Bepaling van evapotranspirasie
Die waterverbruik van ‘n gewas kan met direkte en indirekte metodes bepaal word. Een van die betroubaarste direkte metodes is met behulp van ‘n neutronwatermeter. Hierdie apparaat bepaal die voginhoud van die grond baie akkuraat. Dié metode is egter duur sowel as tydrowend.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%202011_Waterbehoeftes.pdf
vir die volledige artikel

Publication: September 2011

Section: Wenartikels

Search