• Login
  • Search Icon

WAT IS NAMPO sonder 'n pannekoek of sosatie?

April 2016

SA Graan/Grain redaksie

Almal wat al Graan SA se NAMPO Oesdag besoek het, kan getuig dat jy nie kan sê jy was by NAMPO as jy nie kerrie-en-rys, ‘n sosatie of ‘n pannekoek geëet het nie. Van die oomblik wat jy NAMPO Park vroegoggend binnekom tot laatmiddag wanneer jy huiswaarts keer, word jou reuk- en proesintuie behoorlik geprikkel. Vanjaar se spyskaart bied weer vir elkeen se smaak iets te ete en te drinke en jy het ‘n keuse of jy jou wegneemete van die kiosk op die gras onder ‘n boom of op ‘n bankie wil geniet.

WAT IS NAMPO sonder 'n pannekoek of sosatie?

Wegneemetes
Hervormde Kerkkiosk
Kerrie-en-rys, vetkoek, warmbrakke, jaffles en pannekoek

Monate Sosatie
Sosaties, sosatiebroodjies, vetkoek en spiraalaartappels

Santam Landboukiosk
Spare rib-burgers, hamburgers, boereworsrolle, aartappelskyfies, biltong, droëwors en chilli bites

NAMPO-saalkiosk
Vetkoek, jaffles, pannekoek, biltong, droëwors en pasteie

Suidwestelike kiosk
Sosaties, pannekoek, hamburgers, boereworsrolle, vetkoek, kerrie-en-rys en warm aartappelskyfies

Noordhekkiosk
Pap-en-sous, pap-en-wors, hamburgers, boereworsrolle, kerrie-en-rys, warm aartappelskyfies en russians

Caltex-saalrestaurant
Hamburgers, boereworsrolle, warm aartappelskyfies en gesondheidsbroodjies

NAMPO-saalrestaurant
Hamburgers, geroosterde broodjies, boereworsrolle en warm aartappelskyfies

Biertuinrestaurant
Boereworsrolle, hamburgers, vleispasteie, biltong en droëwors

Suidoostelike kiosk
Hamburgers, boereworsrolle, wors, jaffles en pannekoek

Groot dors
Les jou dors híér:

  • Absa-koeldrankkiosk
  • Caltexrestaurant
  • Hervormde Kerkkiosk
  • Koeldrankwaentjie by Hek 1
  • Monate Sosatie
  • NAMPO-koeldrankkiosk
  • NAMPO-saalkiosk
  • Noordhekkiosk
  • Santam Landbou-kiosk
  • Suidoostelike kiosk
  • Suidwestelike kiosk

‘n Peuseldingetjie
Vir die soettand (en souttand) is daar lekkernye by die volgende kiosks te koop:

  • Hervormde Kerkkiosk
  • NAMPO-saalkiosk
  • Santam Landbou-kiosk (kyk uit vir die droëwors en biltong by hierdie kiosk)
  • Suidoostelike kiosk
  • Roomyskiosk (naby die Shell-uitstalling)

Ander items: Sigarette en aanstekers is by die meeste van die kiosks beskikbaar.

Fanie Ferreira-restaurant, teetuin of biertuin
Diegene wat dalk iets anders as pannekoek, hamburgers of boereworsrolle wil nuttig, kan hul dag afskop met ‘n heerlike plaasontbyt by die Fanie Ferreira-restaurant, waar jy ‘n keuse het om in die algemene restaurant, op die stoep of by Klub 200 te eet. Met middagete kan jy terugkeer na dié restaurant waar ‘n verskeidenheid etes – van braaihoender met bykosse tot ‘n braaivleisete – voorgesit word. Middagteetyd kan die vroue in die Polkadotteetuin gesels oor ‘n koppie koffie en snytjie koek oor hul dag se inkopies op NAMPO, terwyl die manne tegnologiestories kan gaan uitruil in die biertuin.

Publication: April 2016

Section: NAMPO

Search