• Login
  • Search Icon

Wat is brandstof se werklike bydrae tot vervoerkoste?

June 2010

PETRU FOURIE, LANDBOU-EKONOOM: PRODUKSIE/INSETTE, GRAAN SA

Vervoerkoste is ‘n belangrike komponent om voedselpryse te bepaal en daar is ‘n persepsie dat brandstofpryse die bepalende faktor in vervoerkoste is. Brandstofpryse is egter nie die enigste aspek wat ‘n invloed op vervoer- en logistieke koste uitoefen nie.

Die punte wat in hierdie artikel bespreek word, sluit in: (i) voertuigkoste oor tyd (ii) dieselprys oor tyd en (iii) die komponente wat die dieselprys bepaal.

Voertuigkoste oor tyd
Daar is verskillende voertuig kategorieë wat hoofsaaklik gebruik word om landbouprodukte en lewendehawe te vervoer. Die totale koste van ‘n 6-as vragmotor is gebruik om die bydrae van brandstof tot totale vervoerkoste op ‘n jaarbasis uiteen te sit.

Totale bedryfskoste bestaan uit vaste en veranderlike koste waarvan brandstof die grootste komponent van veranderlike koste uitmaak. Die vaste koste komponent sluit waardevermindering, koste van kapitaal (rente op paaiemente ens), lisensies, versekering, salarisse en lone in terwyl veranderlike koste uit brandstof, olie, onderhoud, bande en onvoorsiene uitgawes bestaan. Grafiek 1 illustreer Max Braun Consulting Services se bedryfskoste berekeninge vir ‘n 6-as voertuig. Die vaste en veranderlike koste vanaf 2004 tot 2010 word aangetoon.

Die koste in die grafieke word as rand vir ‘n jaar aangedui, terwyl brandstof se bydrae tot totale bedryfs- en veranderlike koste as persentasie uitgedruk word. Die totale bedryfskostes vir ‘n 6-as voertuig het vanaf R1,259 miljoen in 2004 tot R2,180 miljoen in 2010 gestyg, wat ‘n toename van 73,2% weerspieël. As daar afsonderlik na die verandering in vaste en veranderlike koste oor dieselfde tydperk gekyk word, kan ‘n toename van 36,7% in vaste koste en ‘n drastiese toename van 105,8% in veranderlike koste (hoofsaaklik a.g.v. die toename in die dieselprys) gesien word.

Gedurende 2004 het die bedryfskoste uit ongeveer 47% vaste koste en 53% veranderlike koste bestaan. Sedert Januarie 2004 het die dieselprys met ongeveer 140,1% gestyg en grootliks bygedra dat die verhouding vaste tot veranderlike koste na 37:63 verander het. Soos aangedui in Grafiek 1 het brandstof se bydrae tot veranderlike koste vanaf 60,4% in 2004 tot 50,1% in 2010 verminder, wat aandui dat die impak van die dieselprys op die totale veranderlike koste met 10,3% afgeneem het. Die moontlike redes vir hierdie gebeurtenis is dat ander veranderlike kostes bv. bande, onderdele en herstelwerk, vinniger as brandstofpryse gestyg het.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jun10_Brandstof.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2010

Section: Wenartikels

Search