• Login
  • Search Icon

Waarmee bemes ek my mielies: vloeibaar of korrels?

July 2011

KOBUS VAN ZYL, OMNIA KUNSMIS

Vir baie jare vra produsente reeds die vraag “Waarmee bemes ek my mielies: vloeibaar of korrels?” en regverdig hulle voorkeur met baie spesifieke redes.

Die tipe toedieningstoerusting is gewoonlik die hoofdryf. Indien die betrokke produsent net planters het wat toegerus is vir vloeibare kunsmistoediening, sal vloeibare kunsmis sy primere keuse bly bloot omdat hy nie korrels kan hanteer nie. Dieselfde geld ook vir ‘n produsent wat korrels bo vloeibaar verkies.

Om te verander van vloeibaar na korrels of andersom, behels uit die aard van die saak ‘n kapitale koste. ‘n Betrokke produsent moet altyd seker maak van die koste van beide stelsels, wat betref geskikte opberging, onderhoud en herstelkoste. Die voordeel van vloeibaar is hoofsaaklik in die gemak van hantering en laer risiko in terme van diefstal. Beide vloeibaar en korrelstelsels het voor- en nadele. Met dit in gedagte moet daar ook onderskei word tussen die verskillende vorms van vloeibaar en korrels.

Vloeibare plantermengsels word gewoonlik as suspensie of heldermengsels aan die produsent beskikbaar gestel. Vloeibare topbemestings is gewoonlik almal heldermengsels. Beide die suspensie en helderplantermengsels word uit dieselfde basiese grondstowwe as die korrels vervaardig.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%2011_Vloeibaar%20of%20korrels.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2011

Section: Wenartikels

Search