• Login
  • Search Icon

Waardetoevoeging op plaasvlak - 'n Pionier vir sojabone

December 2009

ELMARIE CRONJE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
 
Gert Roos van Mpumalanga het ‘n innoverende manier gevind om waarde toe te voeg tot sy sojaboonproduksie. Met ‘n verwerkingsaanleg wat 10 ton soja per 24 uur verwerk, is Gert ‘n voorbeeld van hoe produsente hul boerdery doeltreffend kan optimaliseer.
 
Die idee om sojabone te pers het oorspronklik begin as ‘n eksperiment om diesel te vervaardig. Gert se seun, Gerrit, en Phillip Burger wou aanvanklik ‘n paar jaar gelede, toe die dieselprys die hoogte in ge skiet het, sojaboonolie gebruik het om biobrandstof op kleinskaal te vervaardig. So vier na vyf maande later, het Gerrit en Phillip besef dat die idee nie werklik lewensvatbaar is nie.
 
So, met die oprigting van twee silo’s en ‘n weegskaal, het die idee om sojaboonoliekoek in die veevoermark en sojaboonolie in die menslike mark te verkoop, ontstaan. Die weegskaal wat by die aflaaipunt is, kan 30 ton weeg, terwyl die silo’s elk ‘n kapasiteit van 570 ton het.
 
B&R Bio-produkte is as ‘n maatskappy geregistreer en het vier direkteure: Gert en Gerrit Roos en Johan en Phillip Burger. “Die naam is afgelei van die eerste letters van die direkteure se vanne,” het Gert vertel. Die maatskappy se sojaboonverwerkingsaanleg is in die Middel burg-omgewing in Mpumalanga gelee.
 
Met die begin van die verwerkingsaanleg, het die grootste groeipyne gele by die verkryging van tegnologie. Die masjinerie wat B&R Bioprodukte gebruik, is self gebou en nog sulke modelle is skaars in Suid-Afrika.
 
Die sojabone wat in die proses gebruik word, word self op tussen 280 tot 300 hektaar aangeplant. Indien meer sojabone benodig word, word dit by ander produsente gekoop. “Dit is belangrik om jou sojabone met kunsmis te plant. In ons boerdery gebruik ons ‘n verhouding van 2:3:6. Die boerdery is presisie-gedrewe, dus word enige tekorte vinnig opgetel,” het Gerrit gese.


Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Des09_Sojabone.pdf vir die volledige artikel.

Publication: December 2009

Section: Other Articles

Search