• Login
  • Search Icon

Waar is el niño en die droogte?

April 2010

JOHAN VAN DEN BERG, SANTAM LANDBOU

Die 2009/2010-seisoen is gekenmerk deur bogemiddelde reënval asook vloedtoestande wat in sekere gebiede voorgekom het. Dit is in teenstelling met wat tradisioneel tydens ‘n El Niño-verskynsel verwag word. Wat het gebeur?

El Niño
Eerstens moet onthou word dat daar in ongeveer 70% van El Niñoseisoene in die geskiedenis ondergemiddelde reënval oor veral die midsomergedeelte voorgekom het. Daar is egter ook voorbeelde in die geskiedenis waar El Niño-tipe jare met gemiddelde tot bogemiddelde reënval en oeste gelewer geassosieer was.

Kyk maar na 1987/1988 waar die El Niño-verskynsel sterker was as tans en ‘n vloed in die tweede deel van die somerseisoen voorgekom het toe die El Niño-verskynsel begin verswak het. Die El Niño-jare van 1992/1993 asook 2004/2005 het ook bogemiddelde mielie-opbrengste gelewer. Is daar dan enige nut om na El Niño te kyk as seisoensvoorspeller?

Ja, beslis. Die produsent of iemand wat belang het by die klimaat moet beslis na die ENSO-verskynsel (El Niño Suidelike Ossillasie) kyk. Statistiek wys dat die vier swakste mielie-oeste in Suid-Afrika in die laaste twee dekades met El Niño-verskynsels geassosieer was.

Rofweg was ongeveer een derde van El Niño jare in die laaste twee dekades uiters droog of met swak somergraanoeste (1991/1992, 1994/1995 en 2006/2007), een derde met ondergemiddelde mielieoeste maar nie rampdroogte (1997/1998, 2002/2003 en 1987/1988) en in ongeveer een derde van El Niño-jare met bogemiddelde mielieoeste (1992/1993, 1993/1994 en 2004/2005).

Dus was ongeveer twee derdes van El Niño-jare ondergemiddeld tot baie swak en ongeveer een derde gemiddeld tot bogemiddeld. (In 1987/1988 was die eerste deel van die somerseisoen redelik swak en in die tweede gedeelte het baie reën en oorstromings voorgekom.)

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Apr10_Weervooruitsigte.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Wenartikels

Search