• Login
  • Search Icon

Voorlopige datums vir streeksvergaderings bekend

December 2011

HANS VAN DER BERG, KOMMUNIKASIE- EN BEMARKINGSBEAMPTE, GRAAN SA

Graan SA is in die proses om streeksvergaderings te reël wat die Graan SA Kongres, wat op 7 en 8 Maart volgende jaar plaasvind, voorafgaan.

Vergaderings word op die volgende datums en plekke beplan:
23 Januarie 2012 – Bothaville en Wolmaransstad
30 Januarie 2012 – Barberspan en Schweizer-Reneke
31 Januarie 2012 – Vredefort en Viljoenskroon
1 Februarie 2012 – Wes- en Suid-Kaap
3 Februarie 2012 – Hennenman/Kroonstad
7 Februarie 2012 – Ficksburg en Bethlehem
8 Februarie 2012 – Reitz en Frankfort/Heilbron
8 Februarie 2012 – Nigel/Delmas en Middelburg
9 Februarie 2012 – Piet Retief en Ermelo
10 Februarie 2012 – Bethal
13 Februarie 2012 – Nylstroom
16 Februarie 2012 – Mareetsane en Lichtenburg
20 Februarie 2012 – Ventersdorp/Rysmierbult
20 Februarie 2012 – Ottosdal/Klerksdorp
21 Februarie 2012 – Orania
22 Februarie 2012 – Bultfontein en Hoopstad

Hoewel hierdie datums onderhewig is aan verandering, kan produsente gerus kennis neem daarvan en reeds vooraf bepaal watter vergaderdatum en plek die gerieflikste sal wees om by te woon. Meer inligting sal in die Januarie-uitgawe van SA Graan/Grain verskyn. Pro dusente kan ook Graan SA se webblad besoek by www.grainsa.co.za.

Publication: December 2011

Section: Other Articles

Search