• Login
  • Search Icon

Verbeter boerderypraktyke en verlaag kostes met kontrolepersele

November 2010

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA EN ANDRÉ NEL, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Baie nuwe produkte word jaarliks aan produsente voorgehou. Hoe weet produsente of hierdie middels of veranderinge die geld werd is? Sonder goeie kontrolegebiede is dit byna onmoontlik om te meet.

In graanboerdery is daar gewoonlik goeie kontrole oor voorraad en hulpbronne, maar in die produksieproses is dit dikwels afwesig. Met die nodige kontrolemaatreëls kan geld gespaar en die sukses van die saaiery vergroot word. In dié artikel word na enkele kontrolemaatreëls in die produksieproses gekyk.

Kontrole
Voorraadkontrole is iets wat produsente goed ken. Voorbeelde hiervan is om vas te stel of die regte hoeveelheid saad en diesel op die plaas afgelewer word en of die voorrade nie uit die stoor wegraak nie.

Die effektiwiteit en doeltreffendheid van insette en aksies word egter min gekontroleer. Daar word selde gekontroleer of primêre bewerkingsimplemente en aksies die nodige resultate wat verwag word, lewer. Onkruiddoders word toegedien en dit werk, maar hoe goed werk dit? Die kostes wat aan insetmiddele gespandeer word, noodsaak meer aandag aan die effektiwiteit daarvan.

Weens ‘n gebrek aan kontrole word waarnemings oor foute of probleme maklik aan die verkeerde oorsaak toegeskryf. Só word die swak opkoms van geplante saad dikwels aan ‘n swak kultivar, swak saad of onkruiddoderskade toegeskryf, terwyl die planter die oorsaak kon wees.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Nov%2010_Boerderyparktyke.pdf  vir die voledige artikel.

Publication: November 2010

Section: Wenartikels

Search