• Login
  • Search Icon

Veediefstal: Agri-Alert vat saam en vat raak waar ander tans nog mistas

October 2011

KOBUS GELDENHUYS, AGRI-ALERT

Agri-Alert het ‘n unieke produk in Potchefstroom ontwikkel, spesiaal getoets en gestaaf vir die Suid-Afrikaanse landboumark. Nuwe standaarde beteken hier inderdaad nuwe suksesse.

Met groot klem op die voorkoming van veediefstal, bewys hierdie praktiese vroeë waarskuwingstelsel dat veeverliese as gevolg van roof- en probleemdiere ook drasties kan afneem. Dit dien as ‘n eenvoudige, maar uiters betroubare bestuurstelsel wat bydra tot optimale produksie. Die drie areas wat dringend aangespreek moet word as ons meer rooivleis wil produseer, is immers:

  • Om veediefstal te bekamp (R400 miljoen per jaar);
  • Om veeverliese as gevolg van roof- en probleemdiere te bekamp (R1,3 miljard per jaar); en
  • Om hierdie prosesse beter te bestuur en te beheer.

Alle produkte vanuit die Agri-Alert stal is hoogs aanpasbaar sodat daar aan elke produsent se spesifieke behoeftes voldoen word; maar hoe werk hierdie gesogte produk?

image

Moet jy oral op jou plaas selfoonopvangs hê?

Nee, ons kan onmoontlik nie verwag dat enige produsent se vee ten alle tye in perfekte selfoonopvangsareas moet wees nie. Slegs een plek, waar jou basisstasie opgerig word, moet wel binne selfoonopvangs wees. Alle nekbande is heeltemal onafhanklik van enige selfoonsein.

Sit ons nekbande aan al jou vee?

Ons bring nekbande aan, maar ons praat van die minimum aantal benodig. Ons soek ‘n goeie tropverteenwoordiging en dit verskil van plaas tot plaas. Een produsent doen drukbeweiding waar sy skape elke dag blad-aan-blad loop – hier het ons baie kliënte wat tevrede is met so min as drie nekbande per 700 skape. ‘n Ander produsent los weer 1 000 beeste op 10 000 ha en hy sien hul een maal elke twee maande, hy het dus logies meer nekbande nodig om ‘n redelike tropverteenwoordiging te verseker. Ons doen ons bes om koste te bespaar, maar om terselfdertyd nie onnodige agterdeure oop te los nie.

Is die halsbande sterk genoeg om te hou, maar sonder om die vee te beseer?

Dit is baie sterk! Die bande is presies dieselfde bande wat ons vir meer as tien jaar reeds in die wildbedryf gebruik en verfyn het. Dit kan son en reën hanteer en op wild hou dit vir ten minste vyf jaar in die veld. Al Agri-Alert se produkte is peuter- en vandalisme-bestand. Daar kan nie aan gekarring word nie. Dit is verstelbaar sonder moeite: die kantoor administreer dit en is daarom nie nodig dat die produsent sukkel nie – hulp is slegs ‘n oproep ver. Die bande is van so ‘n aard dat dit die minimum irritasie veroorsaak. Dit skep ook nie wrywing wat kan lei tot probleme nie. Dit is spesiaal ontwerp om te kan meegee voordat dit beserings veroorsaak en die hele konstruksie van die produk is van so ‘n aard dat dit eerder sal breek, as om tot ‘n dier se besering te lei.

Hoe lank hou so ‘n eenheid per dier?

Die leeftyd van die eenhede word doelbewus ingeperk tot twee jaar. Selfs al weet ons vir ‘n feit dat die eenhede vyf jaar kan hou, vervang ons hulle liewer elke twee jaar om aan jou die maksimum dekking en sekerheid te besorg. Hierdie vervangings is gratis en verniet, sonder enige vrae. Dieselfde geld vir enige eenhede wat probleme gee – Agri-Alert se tweejaar-waarborg verseker dat alle vervangings kosteloos en so gou as prakties moontlik geskied.

Wat moet jy doen indien ‘n nekband wel breek of ophou werk?

Dis eenvoudig: Ons vervang sonder om vrae te vra, soos wat ons tweejaar-waarborg jou verseker. Ons stuur ‘n nuwe nekband sodra ons die oue gekry het. As 'n area-verteenwoordiger nie ‘n band in voorraad het nie, stuur ons dit met oornagpos sodat jy dit so vinnig as moontlik kan kry.

Hoe ver weg van jou basisstasie kan jy jou vee met nekbande laat loop?

Tans waarborg ons dat die band binne ‘n radius van 2 km sal werk, alhoewel ons baie beïndruk is met 100% resultate tot op ‘n radius van 5 km. Die ligging van die plaas en die topografie (berge en dale, valleie en klowe) asook digtheid van die bosse, speel ‘n rol soos met enige radiosein.

Om op te som, Agri-Alert het vele alledaagse probleme en produkte saamgevat, verbeter en verfyn en is tans besig om die Suid-Afrikaanse produsent te beïndruk en ook te ondersteun met ons puik dienslewering. Ons aktiwiteitsmonitering asook GPS-opsporingstegnologieë is nou bekostigbaar vir die gewone produsent. Hou in gedagte dat dieselfde stelsel ook watervlakke op damme, tenks en suipings kan rapporteer, temperature in hoenderhokke moniteer en ons het ook ‘n paniekknoppie – wat alles bydra om soveel meer diepte tot ons produkreeks te lewer.

Besoek gerus www.agri-alert.co.za vir meer inligting.

Publication: October 2011

Section: Input Overview

Search