• Login
  • Search Icon

Trofeëwenners aangewys

April 2017

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

1: Die media wat Kongres bywoon, het tradisioneel die beste spreker tydens die twee dae aangewys, maar met dié dat daar so ‘n toename in deelname op Twitter is en twiets oor Kongres gedeel is, is vanjaar besluit om die trofee aan die persoon wie se twiet die meeste gehertwiet is, te oorhandig. Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA) het met sy twiet oor Graan SA se landbouontwikkelingsprogram met die louere weggestap. Johan Smit (besturende redakteur: SA Graan/Grain) het die trofee aan hom oor handig. By hulle is Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA).
2: Die Redaksiekomitee stem elke jaar vir die beste artikel in die tydskrif en dié jaar word die prysgeld gedeel tussen Pietman Botha (gereelde SA Graan/Grain medewerker) en Sakkie Koster (Pioneer) vir hulle artikel “Praktiese maniere om hierdie seisoen te oorleef”, wat in die Julie 2017-uitgawe verskyn het. Theo Ferreira (voorsitter: Redaksiekomitee) het die prysgeld aan Pietman (middel) gegee, terwyl Jaco Minnaar hom gelukwens. Sakkie kon ongelukkig nie die oorhandiging bywoon nie.
3: Dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA) het die Koster-skild vir die reeks oor bewaringslandbou in die SA Graan/Grain tydskrif ontvang. Vic Mouton (Koster) het die wisseltrofee aan hom oorhandig. By hulle is Jaco Minnaar.

Publication: April 2017

Section: Grain SA

Search