• Login
  • Search Icon

Trekkerverkope loop in 2011

August 2011

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA

Die verkope van nuwe trekkers vir die jaar tot dusver (Januarie tot Junie) is 28,8% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Stroperverkope is 11,5% hoër vir die jaar tot dusver in vergelyking met dieselfde tydperk in 2010.

Die stygings kan hoofsaaklik aan goedkoper landboumasjineriepryse toegeskryf word wat gedryf is deur ‘n sterker rand sowel as beter graankommoditeitspryse.

Trekker- en stroperverkope
Volgehoue optimisme word in die landboumasjineriemark weerspieël aangesien Junie 2011 die agtste agtereenvolgende maand is wat trekkerverkope toeneem. Daar is tot en met Junie 2011, 3 068 trekkers vir die jaar tot dusver verkoop, wat 28,8% hoër is as die verkope van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die toename in verkope kan grootliks aan beter landboumasjineriepryse en beter  graankommoditeitspryse toegeskryf word.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Trekkerverkope.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: August 2011

Section: Input Overview

Search