• Login
  • Search Icon

Suid-Amerika begin met uitvoere van rekord soja-oeste

May 2010

– 19 April 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

In Suid-Amerika is die seisoen se soja-oeste basies reeds geoes en opbrengste is beter as wat aanvanklik geraam is. Die verwerking en die uitvoer van die soja-oes is tans besig om redelik momentum te kry, nadat die markte deur die VSA oeste voorsien is. VSA voorraad is redelik uitgeput en wereldmarkte word in die volgende ses maande voorsien vanuit Suid-Amerika – wat ‘n baie groter oes het as verlede jaar en wat tans neig om pryse van veral sojakoek laer te druk. Dit werk deur na swakker sojaboonpryse, terwyl die vraag na plantolie steeds stewig is en dit sonneblompryse in Suid-Afrika bevoordeel.

Die aanduidings is dat die Amerikaanse produsente met hul eerste plantvoorneme net effens minder as 32 miljoen hektaar sojabone wil plant in die nuwe seisoen, wat meer is as die afgelope jaar. (Mielieplantvoorneme is ook aansienlik hoer na die tweede hoogste op rekord van 36 miljoen hektaar). Die VSA aanplantings gaan ‘n belangrike markdrywer word, want die vraag na sojabone was so sterk dat die VSA tans die laagste sojavoorraad in ses jaar het. Weerprobleme in die VSA kan dus pryse opjaag met planttyd. ‘n Ander belangrike faktor aan die vraagkant is Sjina en sy invoerbeleid, veral teenoor Suid-Amerika. Sjina gaan hierdie jaar bykans 45 miljoen ton sojabone invoer. Dit is die enkele grootste vraagdrywer wat sowat 55% van die werelduitvoere van sojabone absorbeer. Hul aankooppatrone het ‘n belangrike invloed op Chicago se pryse.

Grondboonpryse is redelik sterk en dit is weens goeie vraag uit veral Sjina en Argentinie wat groot uitvoerders is. Die vraag bly sterk en pryse word ook verwag om stewig te bly.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2010_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: May 2010

Section: Markoorsig

Search