• Login
  • Search Icon

Sojaboonsaad – waarna moet ‘n mens kyk?

June 2010

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA

Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging van die gewas en

gevolglik ook ‘n goeie oes. Wat sojaboonsaad betref is daar drie kategorieë wat onderskei word: gesertifiseerde saad, kommersiële saad en teruggehoude saad.

  • Gesertifiseerde saad is hoë kwaliteit saad waarvan belangrike eienskappe soos kiem krag en suiwerheid teen relatief streng norme deur saadmaatskappye geaarborg word. Indien produsente pro bleme met gesertifiseerde saad ondervind, kan ‘n saak uitgemaak word wanneer ‘n eis ter sprake kom. Hierdie soort saad word deur erkende saadmaatskappye verskaf. Die saad se oorsprong en suiwerheid is gekontroleer deur middel van landinspeksies, ‘n minimum van 70% ontkieming en variteitsegtheid word gewaarborg. By gesertifiseerde saad mag daar slegs ‘n maksimum van 2% ander en vreemde materiaal teenwoordig wees terwyl daar slegs 0,1% ander saad mag voorkom.
  • Kommersiële beskikbare saad is saad van aanvaarbare tot goeie kwaliteit wat steeds aan die vereistes van die Plantverbeteringswet moet voldoen. Die kwaliteitsvereistes is egter nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie. In die geval van ‘n saadprobleem sal ‘n produsent hom tot die registrateur van die Plantverbeteringswet kan wend. Dié tipe saad word ook deur enkele saadmaatskappye verskaf. Die wet vereis dat die kieming ook aan ‘n 70% minimum voldoen terwyl daar 4% ander en vreemde materiaal teenwoordig mag wees.
  • Graan wat deur produsente uit die vorige oes teruggehou is om as saad in die volgende seisoen te dien is wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie. Graan SA beveel hierdie praktyk glad nie aan nie, maar waar dit wel gebruik word, moet bepaalde aspekte in gedagte gehou word.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jun10_Sojasaad.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2010

Section: Input Overview

Search