• Login
  • Search Icon

Sojaboonkultivaraanbevelings vir 2010/2011

November 2010

JAN ERASMUS, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Hoewel sojabone ‘n gewas is wat bykans wereldwyd verbou word, het individuele kultivars ‘n beperkte gebiedsaanpassing. Gevolglik sal die kultivar wat die beste aangepas is vir ‘n gegewe lokaliteit, die een wees wat oor ‘n aantal jare die hoogste opbrengs en saadkwaliteit lewer.

Onder vergelykbare omgewingstoestande en produksiepraktyke kan ‘n seleksie uit kultivars gemaak word wat ‘n hoe opbrengs en ʼn meer akkurate oessekerheidswaarde het. Die Nasionale Sojaboonkultivarproewe van die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) en verskeie medewerkers lewer in die opsig waardevolle inligting ten opsigte van verskillende produksie-areas in Suid-Afrika. 

Belangrike inligting vir kultivarkeuse
Die belangrikste inligting wat in ag geneem moet word ten opsigte van kultivarkeuse by sojabone, is die lengte van die groeiseisoen.

Anders as by die meeste algemeen verboude gewasse, is sojabone gevoelig vir  daglengte en sal ‘n gegewe kultivar al hoe later ryp word hoe verder suid dit in Suider-Afrika geplant word. Vir dieselfde rede sal die plantdatum ook die lengte van die groeiseisoen beinvloed en sal ‘n gegewe kultivar heelwat gouer blom by ‘n later plantdatum.

Kliek op   https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Nov10_Sojaboon%20kultivaraanbevelings.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: November 2010

Section: Wenartikels

Search