• Login
  • Search Icon

Sjina honger vir RSA mielies

August 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARK OMGEWING, GRAAN SA

Die Sjinese regering ondersoek alternatiewe bronne om hul groeiende vraag na grane, insluitende geelmielies, mee aan te vul. Suid-Afrika se bewese uitvoerrekord en Graan SA se pogings om nuwe uitvoerbestemmings binne die BRICS-lande te ondersoek, het daartoe gelei dat Sjina Suid-Afrika as ‘n moontlike handelsvennoot in dié verband oorweeg.

Gevolglik het twee Sjinese afgevaardigdes van die Inspeksie vir In- en Uitvoere en Kwarantyn Buro (AQSIQ) in Sjanghai, Suid-Afrika gedurende die week van 4 tot 8 Julie 2011 besoek. Die afgevaardigdes het ten doel gehaal om die plaaslike produksie-areas, die kwaliteit van mielies en fasiliteite in die waardeketting te evalueer om moontlik in die nabye toekoms mielie-uitvoere na Sjina te kan be werkstellig. Die afgevaardigdes was ook veral op die sanitêre en fitosanitêre maatreëls, wat by uitvoere betrokke is, gefokus.

Onder leiding van Graan SA en die Departement Landbou, Bosbou en Vissery (DAFF), het die afgevaardigdes inligting oor die Suid-Afrikaanse mieliemark ingewin om ‘n Pes Risiko Analise (PRA) op te stel om Suid-Afrika as ‘n moontlike bron van uitvoere van mielies na Sjina goed te keur. Met bostaande ingedagte is Graan SA hard besig om alternatiewe markte vir plaaslike kommoditeite te ondersoek. Van die moontlike nuwe markte is onder andere Sjina en Venezuela.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Sjina%20honger%20vir%20SA%20mielies.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: August 2011

Section: Markoorsig

Search