• Login
  • Search Icon

SIMONSBERG maak sy merk in die Suid- en Wes-Kaap

September 2013

DR ANDRÉ MALAN, LNR-KLEINGRAANINSTI TUUT, BETHLEHEM EN PETRUS DELPORT, LNR-KLEINGRAAN-INSTITUUT, STELLENBOSCH

Simonsberg is een van die nuwe hawerkultivars van die LNRKleingraaninstituut (LNR-KGI). Die kultivar is in 2011 vrygestel, het pas plantetelersregte ontvang en word deur All-Gro Saad bemark. In die afgelope seisoen het die kultivar baie goed presteer in die Rûens (Tabel 1 tot Tabel 3) en Swartland (Tabel 4 en Tabel 5) met ‘n hoë opbrengs en hektolitermassa. In beide die proewe en saadvermeerderings wat geplant is, het die kultivar gemiddelde opbrengste van rondom 4 ton/ha behaal.

image

image

image

image

image

Die resultate vergelyk goed met die ouer kultivars in die gebied en Simonsberg het die voordeel dat dit oor matige weerstand teen kroonroes beskik, wat dit vir die produsent makliker maak om risiko te bestuur. Met die matige weerstand in die kultivar, ondersteun dit ook die chemie wat gebruik word om kroonroes te bekamp, wat die risiko om weerstand teen die chemie te kry, verlaag.

image Agronomies is die kultivar baie goed aangepas, met ‘n uitstekende staanvermoë en ‘n goeie biomassa as dit vir groenvoer gebruik wil word – sien Foto 1.

Produsente word aangeraai om nie agter te raak wat betref die nuutste genetika van Simonsberg wat spesifiek ontwikkel is vir die Wes- en Suid-Kaap nie.

Vir enige verdere inligting, kan dr André Malan geskakel word by 072 401 7536 of Petrus Delport by 021 809 3552.

Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur befondsing van die Wintergraantrust.

Publication: September 2013

Section: Input Overview

Search