Previous Page  3 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 108 Next Page
Page Background

1

August 2018

Medewerkers

vir hierdie uitgawe

Nico Barnard, Tom J Bechman, Jan Bednář, Jaap Booyens, Elizabeth Botha, Pietman Botha, Pieter Craven, Mariëtta Cronjé, Jannie de Villiers, Hannalene du Plessis,

Martiens du Plessis, Fanie Ferreira, Petru Fourie, Alzena Gomes, Johan Joubert, ds Koos Kirsten, Darren Kriticos, Louise Kunz, Louis Lange, Corné Louw, Wiana Louw,

Dale McErlean, Stephan Nel, Anton Niemann, Jolanda Nortjé, Nancy Ntidi, Wessel Oosthuizen, Willem Otto, Marius Ras, dr Hendrik Smith, Marleen Smith, Pieter Smuts,

dr Dirk Strydom, Luan van der Walt, Johnnie van den Berg, Anita van Zyl en Roean Wessels

d

aar was altyd vars blomme uit die tuin in my ouerhuis.

Rose, kappertjies of geelmagriete. Skoolvakansies of

Saterdagoggende as ek vroegoggend na my ma ge-

soek het, het ek haar buite in die tuin aangetref – besig

om blomme te pluk of dooie rose uit te knip. Nou nog as

ons op die plaas kuier, pryk daar ‘n roos in ‘n potjie voor

my bed.

Ouma Lina het plate kosmosblomme in haar plaastuin gehad. (Pa het

altyd gesê dit is eintlik ‘n onkruid – wat ek nie verstaan het nie: Dit is

dan so mooi!) Sy was ook baie lief vir ridderspore en dahlias. Pronk-

ertjies herinner my weer aan Ouma Esther. Soveel verskillende kleure

en so baie pronkertjies het ek het nog nooit weer op een plek byme-

kaar gesien as in Ouma se voortuin op Barkly-Wes nie. En die geur!

My skoonma het weer die mooiste pienk rankmalva by die hek wat

jou met ‘n see van pienk blomme verwelkom – of dit nou winter

of somer is.

Met dié dat Augustus vrouemaand is, wens ek dat ek vandag vir

elkeen van dié vroue in my lewe blomme kon vat. My oumas is nie

meer met ons nie en ons ma’s woon te ver...

In pas met vrouemaand het die redaksie die

Nasie in Gesprek

-aan-

bieding tydens die NAMPO Oesdag bygewoon waar ‘n paneel van

leiervroue in landbou gesels het oor die noodsaaklikheid dat vroue hul

regmatige plek in landbou moet inneem. Meer hieroor op bladsy 102.

En van NAMPO gepraat...Graan SA maak vanjaar geskiedenis deur-

dat daar vir die eerste keer ‘n NAMPO Kaap gehou gaan word op

Bredasdorp in die Wes-Kaap. Dié besluit is geneem na aanleiding van

‘n versoek van Bredasdorp Park NPC dat Graan SA ‘n vennootskap met

hulle in dié verband moet sluit.

“Graan SA is van mening dat die aanbied van NAMPO Kaap uit-

ers bevorderlik vir landbou in die geheel sal wees,” het Jannie de

Villiers gesê. Die redaksie is baie trots op

SA Graan

-tydskrif se eerste

NAMPO Kaap bylaag wat ook saam met dié uitgawe gepos word.

Ons fokus op werktuie en toerusting het oor die jare gegroei tot

die robuuste “4x4-yster” wat dit nou is. Hierin kan jy onder andere

meer lees oor:

‘n Blik op die plaaslike landboumasjineriemark

(blad-

sy 16),

Meganisering van grondbone: ‘n Praktiese perspektief

(bladsy 22),

Gewasproduksiestelsels: Die basis van graanverbou-

ing

(bladsy 26),

Exciting new technology caught the eye at NAMPO

(bladsy 28) en

Kyk uit vir dié slaggate tydens grondbewerking

(bladsy 35)

om maar net ‘n paar te noem.

Lekker lees en onthou maar van ‘n blommetjie vir die vrou in jou

lewe. As jy my kinders eendag gaan vra watter blom hulle aan hul ma

herinner, is ek seker sal hulle sê: “Woestynrose en orgideë...”

Groetnis!

Estie de Villiers,

redakteur

voorpunt

Meet our

contributors...

G

rondbewerking is en bly een van die primêre

koste-items in saaiboerdery. Volgens

MARTIENS DU PLESSIS

(NWK) behoort die

doeltreffendheid van ‘n bewerkingsaksie

voortdurend geëvalueer te word. Die artikel op

bladsy 35

poog om die aspekte van beplanning

en die slaggate van verskillende bewerkings

uit te lig.

T

o ensure sustainable production, producers

constantly need new and better technology to

help the farming enterprise function more efficient-

ly. During the 2018 NAMPO Harvest Day, visitors

to NAMPO Park were once again introduced to

new implements that are currently available on the

market.

LOUISE KUNZ

(

SA Graan/Grain

editorial

team) visited some of the exhibitors to find out

more about interesting new technology to make

farming more effective. More on

page 28

.

D

ie liggingsdifferensiaal was weer eens ‘n

belangrike punt wat vir bespreking voorgelê is

by vanjaar se Graan SA kongres. Graan SA se

hoofbestuur en personeel het ‘n mandaat gekry

om die liggingsdifferensiaal weer opnuut te

ondersoek en dat ‘n komitee saamgestel moet

word wat die onderskeie alternatiewe kan oorweeg.

Op

bladsy 84

vertel

DR DIRK STRYDOM

(Graan SA)

meer oor wat tot dusver hieraan gedoen is.

S

orghum is one of the items on which VAT is

currently levied. Sorghum meal competes

directly with maize meal, and the VAT on sorghum

makes sorghum products less competitive than

maize products.

On page 80

PETRU FOURIE

(Grain SA) explains why Grain SA, with the support

of the sorghum industry, submitted a proposal and

appealed to the Treasury to consider the zero-rating

of sorghum and sorghum meal, as the industry is

faced with numerous challenges which can lead to

its demise.

n

ANCY NTIDI

was born and

bred in Kuruman, North-

ern Cape. She obtained her

national diploma and BTec

degree in horticulture at the

Cape Peninsula University of

Technology. She later obtained a MSc

and PhD degree in plant protection, with focus on the association

between plant-parasitic nematodes and weeds, at North-West

University. She is a researcher at ARC-Grain Crops (Nematology

Unit), with research focus on the interaction of plant-parasitic

nematodes with grain crops, weeds and African leafy vegetables.

Nancy has always been fascinated with nature, and she enjoys

travelling and exploring new adventures.

On

page 92

she tells us about the impact of weeds and nematodes

on crop production.