Previous Page  6 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 108 Next Page
Page Background

4

d

ie kombuis bly maar eenmaal ‘n warm plek. Maak nie

saak of dit nou ‘n

SuperSport

-ateljee of ‘n vergadering

in die Graangebou is nie. Ons sê gereeld Afrika is nie

vir sissies nie. Só is Suid-Afrika ook nie juis vir mense

wat nie in die hittige kombuise van ons wêreld kan

werk nie.

Hitte het die vermoë om ‘n mens warm te maak: Warm onder die

kraag of warm wanneer dit koud en afsydig raak. Tog het hitte ook

die eienskap dat as jy dit lank genoeg op een plek stilhou, dit die

objek se vorm verander. Items kan smelt en iets nuuts vorm. Dalk is

dit waarmee ons besig is: Om iets nuuts in landbou te vorm?

My graad 9-juffrou het ook sterk daaraan geglo. Die uwe se geskie­

denispunte was nie goed genoeg na haar sin nie, toe sit sy met

haar uitstekende tennisvoorarm soveel hitte op my agterwêreld dat

ek onmiddellik my houding jeens dié vak verander. Só ‘n proses

bring verandering, maar dit gaan ook met pyn gepaard.

Ek raak bewus van ontsaglike pyn soos ek rondbeweeg in die raad­

sale van ons sektor. Tot ‘n groot mate is die hoofonderwerp die pyn

van die verlede. Daar is ‘n groot verskeidenheid planne om daardie

pyn reg te dokter, maar dit veroorsaak ongelukkig nuwe pyne. Ek

het opnuut bewus geraak van die restourasieproses in ons land.

Restourasie is handelinge wat daarop gerig is om iets beter te

maak as wat dit was. Beter vir wie? sal jy vra.

Ons fokus moet wees om die restourasie op só ‘n wyse uit te voer

dat ons dit nie weer van voor af moet doen sodra dit volgens een

party afgehandel is nie. Dan wen ons nie.

Die geheim in die kombuis is om die kos gaar te kry voor dit

aanbrand. Aangebrande kos laat ‘n slegte smaak in die mond. Dit

vernietig ook die voedingswaarde van kos: Die kos raak nutteloos.

Ek hoop dat die leiers aan albei kante van al die kombuisgesprekke

sal weet wanneer die kos gaar en bruikbaar is en dat hulle sal stop

voor dit aanbrand.

Ek neem ook ‘n ander ding in ons samelewing waar. Daar is heel­

wat meer mense wat moeg raak. Moeg soos in siek: Fisies, maar

ook psigies. Daar is ‘n honger na goeie nuus; iets wat werk en iets

wat die land vorentoe kan vat. Goeie nuus wat langer hou as maar

net die volgende nuusberig oor die een of ander ramp of terugslag

wat met soveel smaak oorvertel word om seker te maak dat jy net nie

te positief voel nie.

Diegene wat ‘n ondersteuningsnetwerk het, kom meestal weer

reg en herstel gou, maar daar waar enkelma’s alleen moet aansuk­

kel en/of familie nie naby is nie, gaan dit broekskeur. Ons het almal

‘n ondersteuningsnetwerk nodig. Ek kan nie sien dat die tempera­

tuur in Suid-Afrika se kombuise vinnig gaan daal nie en daarom is

my advies dat jy behoorlik dankie sê aan dié wat jou ondersteun en

mooi na hulle omsien.

Met ‘n onlangse leierskapopleidingsgeleentheid het een van die

dosente van die Graan Akademie, dr René Uys, uitgewys dat

die vermoë om te luister en die beheer van eie emosies tydens

vergaderings, waarskynlik die grootste tekort is in die mondering

van produsente wat op nasionale vlak aan debatte en onderhande­

lings deelneem.

Ons onvermoë om die emosies en behoeftes van ander partye

te verstaan, verhinder ons om die rigting van die debat te be-

invloed en na gemeenskaplike grond te stuur sodat ons oplossings

kan vind om ons vorentoe te neem. Almal in die land het dit nodig

dat die partye, in veral die gronddebat, mekaar sal vind – tot voor­

deel van voedselsekerheid en ‘n beter toekoms vir almal.

Kry die kos gaar

voor dit aanbrand

Jannie de Villiers,

HUB/CEO

Ek hoop dat die leiers

aan albei kante van al

die kombuisgesprekke

sal weet wanneer die

kos gaar en bruikbaar

is en dat hulle sal stop

voor dit aanbrand.

standpunt

point of view

Graan SA

Julie 2018