Previous Page  13 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 13 / 108 Next Page
Page Background

‘n Vroeë koppie boeretroos is mos net die ding om die koue te

verdryf! Tommie en Lettie Blay (Bloemfontein), Hannes, Petra en

Johannes de Klerk (Theunissen) versterk die innerlike voor hulle

die dag aanpak.

Yvonne en Robert Pheiffer (Kaapstad) het saam met Nic en

Marti Meyer (Bloemfontein) ‘n draai by die Oesdag kom maak om

hulself daarvan te vergewis dat dit regtig so ‘n groot gebeurtenis

is soos wat almal sê dit is. En hulle is nie teleurgestel nie...

Cobus van Zyl het sy twee kinders, Carla en Stefan, vir die dag

NAMPO toe gebring. Wat ‘n heerlike, opwindende uitstappie is dit

nie vir ‘n kind nie!

Edwin Mahlatsi (verlede jaar se Nuwe Era Kommersiële Boer

van die Jaar) saam met sy dogter, Doreen. By hulle is Coretha

Wagner (Hennenman).

Oud en jonk voel tuis in die ledelokaal waar hul ligte versnaperinge

kan geniet voor die res van NAMPO Park aangedurf word. Stanley en

Maryke Barkhuizen (Schweizer-Reneke) en hul kroos GC, Stanley

en klein Stian.

Lede is per gholfkarretjie vanaf die spesiale ledeparkering en

-toegangshek na die ledelokaal vervoer. Freddie en Henna Durow

(Clocolan) het saam met Corné Louw (Graan SA) gery.

11

July 2018

Lede kuier saam