• Login
  • Search Icon

Sabie is 'n besproeiingskoringkultivar in eie reg

March 2014

ANDRÉ MALAN (Bethlehem), WIMPIE DU TOIT (Vaalharts) en KIM COETZEE (Stellenbosch), LNR-Kleingraaninstituut, 'n Instituut van die LNR-Veldgewasdivisie

Sabie is die nuutste koringkultivar in die besproeiingspakket van die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI). Die kultivar is vinnig besig om een van die leierkultivars in die besproeiingsgebied te word.

In die 2013-seisoen het Sabie opbrengste van tussen 8,5 ton/ha en 10 ton/ha in die warmer besproeiingsgebied gelewer. In die meeste gevalle is Sabie net deur die kultivar Krokodil geklop en was die opbrengs net so goed soos dié van Duzi. In die koeler besproeiingsgebied het Sabie se opbrengs gewissel tussen 8 ton/ha en 10,5 ton/ha.

Wat hektolitermassa betref, het Sabie uitstekend gevaar waar daar nie koueskade voorgekom het nie en tot 82,5 kg/hl is gerapporteer in LNR-KGI se elite besproeiingsproewe.

Wat Sabie uniek maak, is dat dié kultivar ‘n hoër opbrengspotensiaal het as Kariega, maar met al die risiko-beperkende eienskappe van Kariega.

Sabie het ‘n goeie toleransie vir vooroesuitloop, is Fusarium tolerant en het weerstand teen streeproes. Hierdie drie is die belangrikste risiko’s in die besproeiingsproduksiegebied.

Benewens al die goeie eienskappe hierbo genoem, beskik die kultivar verder ook oor baie goeie broodbakkwaliteit en is die kultivar redelik bestand teen omval.

In die afgelope produksieseisoen het Sabie gewys waartoe die genetika in die kultivar in staat is en sal goeie opbrengste gerealiseer kan word as die kultivar reg bestuur word deur produksiepraktyke aan te pas vir kultivars soos die voorgangers Duzi en Krokodil.

Die bemarkingsregte is aan All-gro Saad toegeken en die maatskappy is alreeds twee jaar besig met die kommersialisering van die kultivars.

Publication: March 2014

Section: Input Overview

Search