• Login
  • Search Icon

Pryse vir 2010/2011 somergraansaad bekend gemaak

July 2010

CORNÉ LOUW, SENIOR-EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA EN PETRU FOURIE, LANDBOU-EKONOOM: PRODUKSIE EN INSETTE, GRAAN SA

Die saadpryse van somergewasse vir die 2010/2011-produksieseisoen is onlangs deur saadmaatskappye bekend gemaak.

Op ‘n gemiddelde basis het mieliesaadpryse met 5%, sojaboonsaadpryse met 4%, sonne blomsaadpryse met 3% en graansorghumsaadpryse met 4% teenoor die vorige seisoen gestyg. Dit is belangrik om kennis te neem dat dit nie geweegde gemiddeldes is nie.

Volgens Graan SA se Produksie/Insetwerk groep se Prysmonitor van populêre kultivars, het populêre mieliekultivars met gemiddeld 6,6% gestyg teenoor die 5% van mieliesaad in totaal. Sien meegaande tabelle vir prys ver gelykings tussen verskillende maat skappye. Let wel dat pryse kan verskil afhangend van pitgroottes.

Saad is nie ‘n graan- en oliesade produsent se grootste koste nie, maar dit is beslis een van die belangrikste insette wat ‘n goeie oes kan verseker. Daar is deesdae so ‘n verskeidenheid kultivars om uit te kies, wat dit vir ‘n produsent moeilik maak om die regte kultivars vir sy plaas aan te koop. Daarom is dit van enorme belang dat deeglike navorsing gedoen moet word oor watter kultivars die beste vir ‘n spesifieke gebied aangepas is voordat aankope en aanplantings gedoen word. Dit is ook raadsaam om nie net een kultivar vir die totale aanplanting te gebruik nie.

Kliek op   https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jul10_Saadpryse.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Input Overview

Search