• Login
  • Search Icon

Plantaardige olies speel ‘n belangrike rol in optimale gesondheid

April 2011

PROF MARIUS SMUTS, SKOOL VIR FISIOLOGIE, VOEDING EN   VERBRUIKERSWETENSKAPPE, NOORDWES-UNIVERSITEIT

Vette word tradisioneel as ‘n goeie bron van energie beskou, maar die goeie eienskappe van vette word meestal nie in ag geneem nie. Oorspronklik is waargeneem dat vette moontlik nodig is vir goeie groei en ontwikkeling in diere en waarskynlik ook mense. In daardie stadium is ontdek dat vette essensiele vetsure verskaf wat nie deur die menslike liggaam geproduseer kan word nie.

Dit is egter eers in die 1960’s wat kliniese tekens van essensiele vetsuurgebrek by babas, wat gevoed is met afgeroomde melk waarby kokosneutolie gevoeg is (wat beperkte essensiele vetsure bevat), aan die lig gekom het.

Tans word linoleiensuur (omega-6 vetsuur) en alfa-linoleensuur (omega-3 vetsuur) as essensiele vetsure beskou, omrede dit nie deur die menslike liggaam vervaardig kan word nie en dus deur voedse l inname aangevul moet word. Lynsaad bevat byvoorbeeld goeie hoeveelhede alfa-lino l eensuur (omega-3) terwyl sonneblomsaad meestal linoleiensuur (omega-6) bevat. Sojabone bevat redelike hoeveelhede van beide van hierdie essensiele vetsure.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April%2011_Plantolies.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2011

Section: Wenartikels

Search