• Login
  • Search Icon

Ontmoet die finaliste vir Graanprodusent van die Jaar

September 2009

HANS VAN DER BERG, BEMARKINGS- EN KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA
 
Graanprodusent van die Jaar 2009 – Vir Graan SA is dit ‘n besondere voorreg om oor ‘n periode van tien jaar geassosieer te kan word met die genomineerdes van die verlede.
 
Hierdie gesogte toekenning is daarop gemik om erkenning te gee aan produsente wat in verskillende gebiede en onder verskillende omstandighede daarin slaag om uiters doeltreffend en op ‘n volhoubare basis graan te produseer ten einde te voorsien in die groeiende vraag na voedsel. Vanjaar se finaliste is weer eens persone wat in verskillende omstandighede hul staal gewys het en hulle is produsente waarop die bedryf opreg trots kan wees.
 
Die groot geleentheid waartydens die Graanprodusent van die Jaar asook die Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar aangewys gaan word, vind op 9 Oktober 2009 plaas by Theatre on the Track by Kyalami. Tydens hierdie glansryke dinee sal daar ook teruggekyk kan word na die tien jaar van Graan SA as bedryfsorganisasie.
 
Syngenta, wat die hoofborg is by hierdie besondere geleentheid, vervul hierdie rol reeds vir vyftien jaar. Sonder die borgskap van Syngenta en Absa asook ander kleiner borge soos Engen, Toyota en GWK sou hierdie jaarlikse toekennings nie moontlik gewees het nie. Graan SA wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om die borge te bedank vir hul betrokkenheid by hierdie geleentheid en by landbou in die geheel.
 
Agter die skerms is daar egter ook die paneel van beoordelaars wat jaarliks die land deurkruis om die genomineerdes te besoek. Ons opregte dank en waardering gaan ook aan die volgende persone wat hierdie taak met soveel verantwoordelikheid hanteer: prof Alan Bennie, Jozeph du Plessis, Dissie Kruger en Pietman Botha.
 
Dr John Tolmay (KGI) het vanjaar ingestaan vir dr Jan Dreyer (LNRIGG) wat reeds vir jare deel van die paneel is, maar weens ‘n druk program nie vanjaar beskikbaar was nie. Michael van Rooyen (NWK) was vanjaar die verteenwoordiger van die landboubesighede wat ook jaarliks by die beoordeling betrek word.
Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/Finaliste.pdf vir die volledige artikel.
 

Publication: September 2009

Section: Other Articles

Search