• Login
  • Search Icon

Ongunstige weer in Noordelike Halfrond jaag oliepryse op

August 2010

– 19 Julie 2010

PROF JOHAN WILLEMSE: SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

In die tweede week van Julie het internasionale oliesaadpryse en dié van koring skerp gestyg – weens baie droë en warm weer in die Noordelike Halfrond se produksiegebiede.

Die nadelige effek van verdere verwagte warm weer op die VSA mielie-oes het mieliepryse in ‘n mindere mate laat styg. Dit is tipiese droogte-skriktoestande in die Noordelike Halfrond se midsomer, soortgelyk aan ons Februariemaand. Dié keer is die warm en droë weer egter oor ‘n baie wye gebied versprei, vanaf die VSA deur Europa en Rusland (wat ‘n belangrike sonneblomuitvoerder is). Hiermee saam is daar ook tekens dat die internasionale ekonomie aan die verbeter is, veral die opkomende ekonomieë, wat ook groot invoerders van veral plantaardige olies is en ‘n dieet volg wat toenemend wegbeweeg van styselprodukte na  proteïenprodukte. Die pryse is verder opgejaag deur spekulasiefondse, wat op grootskaal termynkontrakte begin opkoop het van oliesade en ook koring.

Koringpryse op Chicago het met bykans 19% gestyg in die eerste twee weke van Julie weens aansienlike droogteskade aan koringoeste in Europa en Rusland. Oliesaadpryse, veral sojabone, het ook met bykans 10% gestyg op die internasionale mark in die eerste twee weke van Julie. Die prystabel gee ‘n aanduiding hiervan, maar veral die grafieke wys die vinnige prysstygings.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2010_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2010

Section: Markoorsig

Search