• Login
  • Search Icon

Oliesade-oorsig: Hoe ver kan pryse nog styg?

March 2011

– 14 Februarie 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die skerp prysstygings in oliesaadpryse sedert die begin van ons produksieseisoen, is sekerlik een van baie min soortgelyke gebeurtenisse in landboukommoditeitsmarkte. Pryse van sonneblom en sojabone het sedert planttyd met sowat 40% gestyg en die vraag kan tereg gevra word: Hoe ver kan pryse nog styg?

Afgesien van internasionale landbouprodukpryse wat sedert Januarie al hoe vinniger begin galop het, op grond van krimpende voorraadvlakke wêreldwyd, het die rand ook begin saamspeel en verswak. Dit het die randpryse van plaaslike oliesaad en mielies verder opgejaag.

Daar is allerlei paniekgeluide vanaf die internasionale politici, want volgens “The Economist” was internasionale landbouvoedselpryse in Februarie 2011 sowat 44% hoër as ‘n jaar gelede.

Die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou Organisasie het ook begin Februarie gewaarsku dat hul landbouprodukprysindekse verby die hoogtepunte van 2008 beweeg het. Die voorsitter van die G20-lande het gedreig dat daar ondersoek ingestel gaan word om die deelname van spekulante en beleggingsfondse in landboutermynmarkte te beperk, want daar is ‘n misplaaste siening dat dit die grootste faktor in die prysaanjaging is.

Tabel 1 gee ‘n aanduiding van hoe pryse die afgelope tyd gestyg het.

Die huidige skerp stygings in pryse, is egter die resultaat van verskeie faktore. Eerstens is oliesaad- en graanvoorraadvlakke baie laag. In die VSA se geval, is die verwagting dat hulle hul nuwe seisoen gaan begin met die laagste sojaboonvoorraad-tot-verbruiksverhouding sedert die 1960’s!

Opkomende ekonomieë bly groei, wat die vraag na voedselprodukte dryf. Voeg hierby verskeie weerskokke in belangrike produksielande die afgelope jaar: Rusland se groot droogte op hul koringoes; Australiese vloede op hul koring; die VSA se kleiner opbrengste en Suid-Amerikaanse droogteperiodes in hul produksieseisoen.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%202011_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Markoorsig

Search