• Login
  • Search Icon

Oliesaadpryse by boonste draaipunt verby?

May 2011

– 18 April 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die internasionale vraag na graan en oliesade bly besonder sterk groei te midde van markonstabiliteit. Pryse het in April begin bokspring, maar die verwagting is dat die internasionale pryse in die volgende paar maande besonder onstabiel gaan wees. Daar is ook die risiko dat hierdie pryse opwaartse bokspringe kan maak met elke weersonstabiliteit in die Noordelike Halfrond se produksieseisoen die volgende paar maande.

Voorraadvlakke van veral mielies en sojabone in die VSA is besonder knap, wat beteken dat die komende oeste normale na bo-normale opbrengste moet gee. Op dié stadium, met planttyd in die VSA, is mieliepryse meer aantreklik as sojaboonpryse, met die gevolg dat mielie-oppervlakte verhoog het teenoor sojaboonoppervlakte. Hierdie situasie word tans in toom gehou met redelik goeie oeste van Suid-Amerika wat tans op die mark begin kom, terwyl Sjina ook tydelik minder sojabone op die internasionale mark aankoop. Indien sake redelik “normaal” verloop in die Noordelike Halfrond in die volgende paar maande, is die verwagting dat internasionale oliesaadpryse teen Junie/Julie sal begin piek en daarna laer beweeg deur die tweede deel van 2011.

Daar is egter steeds ‘n hoë risiko – as sake skeef loop, kan pryse verder vinnig styg, maar ‘n mens moet nie jou strategie daarop bou nie.

Die ander faktor is die rand/dollar-wisselkoers, waar ons weer op pad was na R6,50/dollar. Die “versterking” van die rand is nie te danke aan sterkte van die rand nie, maar aan die verswakking van die VSA dollar. Die VSA se staatskastekorte op federale sowel as op staatsvlak, is nog glad nie onder beheer nie en daar is ‘n wesenlike risiko dat die dollar nog kan verswak, wat die rand om die verkeerde redes kan laat versterk. Daarenteen is daar egter ook die moontlikheid dat die ondeurdagte optrede van ons land se regerende party die risiko van ‘n randverswakking kan laat toeneem. Daar gaan ‘n punt wees waar buitelandse beleggers net gaan besluit dat Suid-Afrika se risiko’s te hoog raak en hul geld onttrek – dan gaan jy sien hoe styg binnelandse pryse!

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Oliesade.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Markoorsig

Search