• Login
  • Search Icon

Oliesaadmarkte galop

November 2010

– 18 Oktober 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Oliesaadpryse in dollars galop vinnig voort en sonneblomsaadpryse het die afgelope drie maande met bykans 70% op die internasionale mark gestyg. Afgesien van die vraag- en aanbodsituasie wat pryse ondersteun, soos daar in die rubriek al uitgewys is, is die pryse van graan- en oliesaad op die Chicago graanbeurs ook verder opgejaag deur sogenaamde beleggingsfondse wat fondse in die landboumarkte belê.

Die groot risiko op die stadium is dat markte in die VSA te vinnig galop en dat daar weer ‘n borrel aan die opbou is. Die dryf van die “prysborrel” is dat rentekoerse steeds na aan die nulvlak in die VSA is en dat die Federale Reserwebank steeds voortgaan om op groot skaal geld in die VSA te skep, alles in pogings om hul ekonomie aan die gang te kry.

Deel van die beleidsbenadering is dat die dollar se wisselkoers doelbewus verswak word, met die gevolg dat die rand al hoe sterker word. Dit neutraliseer die stygende dollarpryse in Suid-Afrika en die beleidsvraag wat gedebatteer word, is wat gedoen kan word om die rand te laat verswak? Daar is voorstelle dat rentekoerse in Suid-Afrika verder verlaag gaan word, maar ontleders is van mening dat die rand nog kan versterk na R6,50 teenoor die dollar.

Die resultaat hiervan is dat die Suid-Afrikaanse oliesaadmark nie die volle voordeel van die huidige stygende dollarpryse via invoerpariteit kry nie. Daar is markontleders wat van mening is dat die oliesaad- en graanpryse teen middel Oktober reeds te hoog gejaag is en dat ons ʼn terugsak kan kry.

Hopelik sal dit gebeur wanneer die rand begin verswak. Die ander feit wat ons in gedagte moet hou, is dat dit tans oestyd in die Noordelike Halfrond is (wat dit ongehoord maak dat pryse in oestyd styg). Die sneller vir die opwaartse tendens was die swak weerstoestande in die voormalige Russiese republieke, wat die koringproduksie skerp laat daal het en die gevolg was ‘n uitvoerverbod op koring. Die streek is een van die belangrikste koringuitvoerstreke in die wereld.

Die markte het verdere opwaartse woema gekry, toe die VSA Departement van Landbou op 11 Oktober 2010 hul laer aangepaste oesskattings bekend gemaak het. Markte het in die week daarna in verskeie dae-limiete opbeweeg en ook Suid-Afrikaanse pryse saamgetrek – ten spyte van die sterker rand.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Nov10_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: November 2010

Section: Markoorsig

Search