• Login
  • Search Icon

Noordelike halfrond - produksietoestande bepaal pryse

July 2010

– 22 Junie 2010

PROF JOHAN WILLEMSE: SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die huidige verloop van produksietoestande van oliesade in die Noordelike Halfrond sal die volgende ses maande se voorraadposisie bepaal en so ook die verloop van  oliesaadpryse.

Hoewel produksietoestande in die VSA redelik gunstig verloop, het swak weer in Kanada die kanolapryse in Kanada skerp laat styg in Junie. Hoewel daar redelik groot voorrade van veral sojabone verwag word en ook ‘n toename in sonneblomsaad, is onstabiele weer vir produsente in sekere dele van die Noordelike Halfrond se produksieseisoen (soos tans) ‘n belangrike drywer.

Hiermee saam duur wêreld finansiële onstabiliteit voort en wisselkoersveranderinge speel ook ‘n rol. Die feit dat die rand redelik sterk teen die VSA dollar bly, bevoordeel VSA produsente en hul pryse teenoor die  Suid-Afrikaanse produsent. Dit word geredelik aanvaar dat die rand tans oorwaardeer is en daar is meer as genoegsame studies in die verlede gedoen wat toon dat ‘n oorwaardeerde geldeenheid die primêre landbou benadeel. Die verswakking in Europa en die VSA se ekonomie gaan nog etlike jare duur en dit is onwaarskynlik dat die rand skerp waarde sal verloor, gegewe die ekonomiese realiteite. Maar, met die huidige ANC politici en hul swak beleidsbenaderings, is dit wel moontlik dat hul met uitsprake en beleidsveranderinge buitelandse sakevertroue só skok dat die rand skerp verswak – wat graan- en oliesaadpryse sal bevoordeel.

Die verloop van die vernaamste oliesaadpryse word in Tabel 1 getoon. Internasionale oliesaadpryse het oor die algemeen gedurende Juniemaand gestyg (tot 18 Junie), maar die rand het ook heelwat versterk teen die VSA dollar in die eerste weke van Junie. Dit het tot gevolg gehad dat plaaslike pryse hoofsaaklik sywaarts en laer beweeg het. Oestyd en lewerings in silo’s is ook in volle gang, wat ‘n mate van oesdruk op plaaslike pryse plaas, en dit kan voortduur tot Augustusmaand.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jul10_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Markoorsig

Search