• Login
  • Search Icon

Wolveiling uitgestel oor bek en klou

02 Mar 2011
Die week se wolveiling, wat Woensdag 2 Maart sou plaasvind, is voorlopig uitgestel totdat meer inligting oor die omvang van die uitbreking van bek-en-klou-seer in Kwa-Zulu Natal beskikbaar is.

Dit situasie sal later die week in heroorweging geneem word.

Mnr. Paul Lynch, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Wol- en Bokhaarkopersvereniging het gesê die besluit is in oorleg met die wolmakelaars geneem.

Hy het gesê die siekte is op die oomblik beperk tot ’n baie klein gebied in die noorde van Kwa-Zulu Natal, wat baie ver van enige wolproduksiegebied af is.

“Ons het besluit om die veiling uit te stel sodat die kopers ook die geleentheid het om die saak eers met hulle kli?nte te bespreek voordat verdere besluite geneem kan word”.

Hy het gesê dit is ’n groot slag vir die bedryf, veral in die lig van die onlangse styging in die prys van wol en kan rampspoedige gevolge vir kleeinveeboere en die hele wolbedryf inhou.

“Mense kan hul werk verloor en dit kan die lewensvatbaarheid van die bedryf op lang termyn benadeel.”

Nagenoeg 98% van Suid-Afrika se skeersel word uitgevoer, waarvan 80% as vetwol (die onverwerkte vorm) uitgevoer word.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se besluit om Suid-Afrika status as vry van di? siekte tydelik op te skort, beteken dat geen vetwol tans vir uitvoer gesertifiseer kan word nie. Verwerkte wol (gewas en gekam) word egter nie geraak nie.

Suid-Afrika het in 2009/10 ’n totaal van 38,4 miljoen kg vetwol ter waarde van R1,33 miljard uitgevoer. Met die styging van bykans 40% in die pryse van wol sou die syfer in die 2010/11-seisoen veel hoër gewees het.

Mnr. Andre Strydom, bestuurder van Cape Wools, het gesê dit staan ’n invoerland egter vry om self te besluit of hy vetwol wil invoer indien hy voel dat die siekte onder beheer is en die nodige beheermaatre?ls in plek is.