• Login
  • Search Icon

Wolpryse verstewig ondanks sterker rand

14 Oct 2011
Die wolmark het ondanks ’n stewiger rand op di? week se veiling verstewig nadat dit die afgelope twee weke skerp gedaal het en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 3,4% tot R89,58/kg (skoon) gestyg. Dit is 46% ho?r as tydens dieselfde veiling verlede jaar. In Australi? het die mark ook effens verstewig. Pryse het verbeter ondanks ’n styging van 3,3% in die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met verlede week. ’n Rekordprys van R137/kg (vetwol) is ook vir ’n baal van 15,8 mikron van mnr. Mike Palmer van die plaas Albany, Grahamstad, behaal. Die vorige rekord was R132/kg. Die pryse van feitlik al die langwolkategorie? het gestyg. Die grootste stygings was in die pryse van 20 mikron tot 21 mikron wat met tot 5,1% verbeter het. Altesame 7 815 bale aangebied is, waarvan 96% verkoop is. Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R106,23/kg, 20 mikron was 3,4% duurder op R98,63/kg, 21 mikron styg met 4,2% tot R94,11/kg en 22 mikron verstewig met 2,8% tot R88,93/kg. Sowat 10 000 bale sal volgende week aangebied word.

http://www.farmersweekly.co.za/index.php?p[IGcms_nodes][IGcms_nodesUID]=4bdc4309c1e5d60eb261e3e212c1fbdd