• Login
  • Search Icon

Wolpryse skiet die hoogte in

26 May 2011
PORT ELIZABETH: Wolpryse het op die voorlaaste veiling van die seisoen die hoogte ingeskiet en Cape Wools se Merino-aanwyser het tot sy hoogste vlak di? seisoen tot R95,57/kg (skoon) gestyg. Dit is nie net 65% ho?r as met die openingsveiling in Augustus verlede jaar nie, maar is ook die hoogste vlak in meer as ’n dekade. Die swakker rand, waarvan die gemiddelde koers 4% laer teenoor die Amerikaanse dollar was vergeleke met die vorige veiling twee weke gelede, het die mark ook ondersteun. In Australi? het die aanwyser met bykans 1% gestyg. Daar was ’n goeie vraag na gehaltewol. Kopers sê kommer oor die dalende aanbod, veral die tekort aan langwol, is tans die grootste dryfkrag in die mark. Altesame 8 649 bale is aangebied waarvan 95% verkoop is. Hierdie was ook die eerste veiling waar die gemiddelde pryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) vir 19 tot 21 mikron ho?r as R100/kg was. Die pryse was soos volg: 19 mikron styg met 11,7% tot R123,29/kg, 20 mikron verbeter met 9,9% tot R101,50/kg, 21 mikron was 15,3% duurder op R100,17/kg en 22 mikron styg met 16,9% tot R96,28/kg. Die laaste veiling van die seisoen word op 8 Junie gehou wanneer sowat 12 500 bale aangebied sal word.

http://www.landbou.com/weer/weerberigte/somerre-n-begin-afneem