• Login
  • Search Icon

Wolpryse daal op openingsveiling

18 Aug 2011
Wolpryse het op die eerste veiling van die 2011/12-seisoen teruggesak toe die groot onsekerheid op wêreldmarkte weens die skuldkrisis in Europa en Amerika ook na die wolmark oorgespoel het. Cape Wools se Merino-aanwyser het gevolglik met 4,5% teruggesak vergeleke met die sluitingsveiling middel Junie vanjaar. Leiers in die bedryf meen dit is steeds ‘n baie ho? vlak. Die mark het die vorige afgesluit met die aanwyser op ’n rekordvlak. Nog ’n faktor wat tot die laer pryse bygedra het, is die onsekerheid rondom slenkdalkoors en die uitreiking van gesondheidsertifikate vir die uitvoer van onverwerkte wol na China. Hoewel die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ’n ooreenkoms met Chinese owerhede bereik het wat die wagperiode verminder, is daar nog geen sekerheid oor wanneer die departement die gesondheidsertifikate gaan begin uitreik nie. In Australi? het wolpryse sedert die mark verlede week ’n aanvang geneem het, ook teruggesak. Pryse het gedaal ondanks ’n swakker rand wat sedert die vorige veiling met 5,6% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het. Dit was ’n redelike groot veiling met 13 026 bale wat aangebied is waarvan 86% verkoop is. Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 20,5 mikron was 5% goedkoper op R97,61/kg, 21 mikron sak met 6% terug tot R93,32/kg en 21,5 mikron daal met 6% tot R93,32/kg. Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Veilings hervat weer op 31 Augustus wanneer sowat 7 000 bale aangebied sal word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-oes-ver-agter