• Login
  • Search Icon

Wolprye weer stewiger

08 Sep 2011
Wolpryse was stewiger op vandeesweek se veiling, die derde veiling van die nuwe seisoen, en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,8% vergeleke met verlede week gestyg tot R95,11/kg (skoon). In Australi? het pryse ook vir ’n tweede agtereenvolgende week verbeter nadat dit aanvanklik in die eerste paar weke van die Australiese verkoopseisoen teruggesak het. Hoewel die mark nog nie heeltemal koers gekry het nie, is voorlopige aanduidings dat pryse redelik stewig sal bly. Dit is egter nog onseker watter uitwerking die skuldkrisis in Europa op die vraag na wol sal hê. Die rand was 1,4% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met verlede week, wat pryse ondersteun het. Altesame 7 651 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is. Die vetwoluitvoerder Standard Wool het bykans 45% van die aanbod gekoop. Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R114,65/kg, 20 mikron was 1,1% duurder op R103,31/kg, 21 mikron styg met 0,5% tot R99,14/kg en 22 mikron verstewig met 1,4% tot R95,32/kg. Sowat 5 000 bale sal volgende week aangebied word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/trekkerverkope-groei-sterk